Aktiviste wil karnaval stuit
Aktiviste wil karnaval stuit

Aktiviste wil karnaval stuit

Otis Finck
Otis Finck



'n Aktivis en sy ondersteuners op Swakopmund wil die dorp se munisipaliteit oortuig om die dorp se jaarlikse karnaval, Küska, te verbied.

Küska sal van 15 tot 22 Junie plaasvind.

Mnr. Laidlaw Peringanda, 'n gemeenskapsaktivis, het die munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Marco Swarts, in 'n brief versoek om nie toestemming vir die karnaval te gee nie. Indien nie, dreig hy en ondersteuners met regstappe en ander ontwrigtingstaktiek.

Peringanda voer aan die karnaval herdenk wit meerderwaardigheid, slawe-arbeid en die erfenis van kolonialisme, imperialisme en segregasie. Na sy mening is die vlootorkes se deelname aan die karnaval verkeerd. Die behoud van Bismarck-straat se naam is volgens Peringanda 'n ander belediging vir sy mense.

Volgens Peringanda moet die munisipaliteit die name van volksmoordslagoffers op Swakopmund bekend maak en gratis grond aan slagoffers se nasate toeken.

Die groep beywer hom ook vir die verwydering van die Duitse oorlogsmonument op Swakopmund.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!