Aktrise pleit vir Rohingia-vlugtelinge
Die Oscar-bekroonde aktrise Cate Blanchett het Dinsdag voor die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad-sitting oor Mianmar gru-verhale vertel oor die Rohingia-vlugtelinge.
Blanchett, ’n welwillendheidsambassadeur van die VN, het gevra hoe enige ma dit kan verduur om te sien hoe haar kind voor haar in ’n vuur gegooi word, berig The Guardian.
Sy het Bangladesj ook geloof omdat dié land reeds huisvesting aan meer as 700 000 Rohingia-vlugtelinge bied.
Blanchett het ook na die marteling, verkragting en moord op die vlugtelinge verwys.
António Guterres, die VN se sekretaris-generaal, het Maandag ’n beroep gedoen dat diegene agter die Rohingia-krisis verantwoordelik vir hul dade gehou moet word. Hy het ’n beroep op die Veiligheidsraad gedoen om op tree in wat hy beskryf het as een van die wêreld se ergste humanitêre en menseregte-krisisse.
Hy het ook aanbeveel dat die opperbevelvoerder en vyf generaals in die weermag van Mianmar vervolg moet word omdat hulle dié verskriklike misdade georkestreer het.
Die VN het Maandag ’n verslag bekend gemaak waarin bevind is dat die Mianmar-weermag volksmoord gepleeg het.
Die Nobelpryswenner Aoeng San Soe Tsji se kop is ook gewas omdat haar veiligheidsmagte verantwoordelik is vir die eksodus van die 700 000 Rohingia-vlugtelinge (almal Moslems) uit Mianmar na die naburige Bangladesj.
In Blanchett se toespraak Dinsdag, ’n jaar nadat die geweld in Mianmar uitgebreek het, sê sy ook die wêreld het die Rohingia-vlugtelinge reeds versaak. “Asseblief, ons moet hulle nie weer faal nie.” – Netwerk24/Reuters, The Guardian verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie