Akwenye gee die pas aan
Hoe 'n graadvoorstel een vrou se loopbaanrigting verander het.
Yolanda Nel – Ndeshipewa Akwenye sou haarself nooit kon voorstel haar meesterstudies sou daartoe lei dat sy 'n stigterslid van die ouditkomitee van die Namibiese regbank word nie.
Volgens Akwenye het sy in 2016 begin met haar nagraadse studies vir 'n meestersgraad in rekeningkunde en finansiële wetenskap, met haar proefskrif wat gefokus het op die instelling van ouditkomitees by ministeries.
“My belangstelling het gegroei toe die navorsing aandui hoeveel nog gedoen moes word op die gebied van goeie korporatiewe bestuur, aangesien dit betrekking het op die regering sowel as ondernemings in staatsbesit. Ek het myself afgevra hoe ek op hierdie vakgebied kan bydra deur op 'n ouditkomitee te dien ten einde die kennis en vaardighede wat ek tydens my studies en vorige ervaring opgedoen het, terug te ploeg,” sê sy.
Akwenye het die regbank voorheen tydens die aanstellingsproses van die adjunkdirekteur van interne oudit gehelp.
“Hulle het my potensiaal en die gehalte van my werk gesien en my op 30 November 2018 op 'n driejaarkontrak aangestel om as stigterslid van hul ouditkomitee te dien.”
Die regbank is in die lewe geroep deur die Wet op Regspleging van 2015, en in ooreenstemming met artikel 78(5) van die Namibiese Grondwet. Dit is gestig as die administratiewe komponent van die regbank wat verantwoordelik is vir die hantering van alle administratiewe en finansiële aangeleenthede, en wat bestaan uit die hooggeregshof, die hoërhof en landdroshowe, om te verseker die regbank bly 'n onafhanklike entiteit.
“Die regbank is nie deel van die ministerie van justisie nie. Dit is finansieel en administratief 'n onafhanklike instelling van die staatsdiens,” sê sy.
ROL VAN OUDITKOMITEE
Akwenye sê die rol van 'n ouditkomitee en die waarde daarvan vir korporatiewe bestuur, het geweldig in die openbare sektor toegeneem.
“Gevolglik vertrou die bestuur grootliks op die ouditkomitee om beduidende leiding en toesig te gee, nie net in terme van finansiële beheer en verslagdoening nie, maar ook op 'n al hoe langer lys van ingewikkelde risiko's wat bedrywighede uitdaag. Dit sluit in die wanbesteding van belastingbetalers se geld en korrupsie in talle ondernemings in staatsbesit. Om proaktief te wees, moet beheermaatreëls en stelsels ingestel word om die risiko tot die minimum te beperk. Al hierdie pligte val onder die mandaat van die ouditkomitee,” het sy verduidelik.
Die ouditkomitee help ook die regbank om sy toesighoudende verantwoordelikheid na te kom deur op te tree as 'n raadgewende liggaam, wat onafhanklik bestuur word en administratief verslag doen aan die uitvoerende direkteur en aan die hoofregter.
“Ek het baie ervaring opgedoen en die afgelope twee en 'n half jaar, saam met my span, baie bygedra; beide vanuit 'n persoonlike asook 'n loopbaanperspektief,” sê sy.
As voorsitter van die ouditkomitee, het Akwenye geleer hoe belangrik verhoudings met die bestuur, interne oudit, eksterne oudit en alle ander belangrike belanghebbendes is.
“Dit is ook noodsaaklik dat die voorsitter sy of haar rol en verantwoordelikhede met die grootste omsigtigheid nakom om 'n goeie presedent te skep, want die voorbeeld wat die voorsitter stel, is een van die bepalende faktore vir die sukses van die komitee. Daarom moes ek vasbeslote en objektief wees, en by my besluite staan, in ooreenstemming met die insette en bydraes van my mede-ouditkomiteelede.”
GOEIE VOORUITGANG
Sy sê sy is trots dat sy deel was van die groep wat die ouditkomitee van nuuts af begin het, asook op hul gesamentlike vordering tot dusver om 'n ouditkomitee in die openbare sektor te bestuur.
“Vandag stem die komitee ooreen met die meeste bepalings soos uiteengesit deur goeie beginsels vir korporatiewe bestuur. Dit is natuurlik vanselfsprekend dat daar altyd ruimte vir verbetering is, veral as ons onsself bly meet aan die beste praktyke van streek- en internasionale korporatiewe bestuur.”
Tydens haar ampstyd het Akwenye talle uitdagings in die gesig gestaar.
“As 'n baanbrekersinisiatief, was dit natuurlik 'n uitdaging om die ouditkomitee by die organisasie te inkorporeer,” het sy gesê.
“Om almal te laat verstaan wat die rol van die ouditkomitee is en ook bestuur se insette te bekom, was nóg 'n belangrike aspek.
“Hoewel dit aanvanklik 'n uitdaging was, het ons dit suksesvol oorbrug. Gelukkig het die hoofregter en uitvoerende direkteur ook gehelp om die saak aan te vuur, wat beslis die las van die ouditkomitee verlig het en ons makliker kon inskakel by die regbank se strukture.”
Op 'n persoonlike vlak sê Akwenye dit was 'n ander uitdaging om balans tussen 'n voltydse werk, haar studies en die lewe in die algemeen te vind, maar dat sy dit hanteer.
“Ek is tans besig met my baccalaureusgraad in die regte. Ek moes my tydsbestuur verbeter om te verseker dat ek my voltydse werkverpligtinge asook my studieverpligtinge kon nakom. So, baie dae verg dit baie ure se werk, maar my hoop is dat dit alles uiteindelik sal vrugte afwerp.”
Sy erken alle eer gaan aan die Almagtige, “wat my steeds lei op my reis terwyl ek probeer om deur die lewe en al sy verantwoordelikhede te navigeer. My werkgewer se ondersteuning help ook baie en ek sal altyd dankbaar wees vir die groei en geleenthede wat ek geniet.”
Akwenye is trots op die feit dat die ouditkomitee sedert sy ontstaan ongekwalifiseerde ouditmenings ontvang het.
“Dit illustreer ons komitee se verbintenis tot omsigtigheid en goeie bestuur.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie