Al-Basjir wil Rusland besoek
Soedan
Soedan se pres. Omar Hassan al-Basjir sal volgende maand na Rusland reis, het amptenare van sy administrasie gister gesê.
Dit sal 'n rare buitelandse besoek vir hierdie leier wees wat deur die Internasionale Strafhof vir misdade teen die mensdom gesoek word.
Soedan se ministerie van buitelandse sake sê al-Basjir is deur Rusland se pres. Wladimir Poetin genooi om bilaterale-, streeks- en globale kwessies te bespreek.
Die besoek, wat vir die tweede helfte van Augustus geskeduleer is, kom terwyl Soedan vir 'n besluit van die Verenigde Nasies wag oor of 'n 20 jaar lange beperking op handel en ander belangrike sanksies opgehef gaan word.– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie