Al hoe meer keuse as jy in buiteland wil belê
Die beleggingsbedryf val die afgelope maande oor hul voete om nuwe buitelandse beleggingsopsies aan Suid-Afrikaners te bied.
Minstens ses nuwe beursverhandelde fondse (ETF’s) en ’n horde effektetrusts wat nét in markte buite Suid-Afrika belê, is die afgelope paar maande gestig.
Dit is plaaslike fondse in rand wat baie meer toeganklik is vir beleggers wat nie die soort kapitaal het om hul geld in die buiteland te belê nie, waar minimum beleggings dikwels US$10 000 is.
Plaaslike fondse is teen so min as R500 per maand beskikbaar.
Die ontploffing van beleggingsopsies is te midde van groeiende kommer oor Suid-Afrika se politieke en sosio-ekonomiese landskap.
Sonia du Plessis, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner by Brenthurst Wealth, sê haar kliënte wil beslis hoër buitelandse blootstelling hê. Van diskresionêre fondse gaan tot 70% landuit.
Nerina Visser, ’n beleidsadviseur oor ETF’s by etfSA, sê beleggers het nou soveel keuses dat dit beteken jy hoef nie met al jou geld buiteland toe te hardloop nie.
Satrix het drie ETF’s – die S&P 500, Emerging Markets en MSCI World Index – die laaste maande genoteer.
Sygnia het – bo en behalwe die bekende DBX-reeks wat hulle vroeër vanjaar oorgeneem het – ook pas hul 4th Industrial Revolution-ETF genoteer.
Visser sê dié opsies raak al hoe gewilder omdat dit 100% buitelandse blootstelling gee, sonder die valuta-beperkings wat op buitelandse beleggings geld.
“Dit is ook ’n direkte randverskanser, maar binne ’n bekende plaaslike beleggingstruktuur.”
Luidens Profile Media en etfSA se data is daar sterk groei in ETF’s wat in die buiteland belê. Die Sygnia/Itrix-reeks (voorheen DBX) het byvoorbeeld teen einde September byna R14 miljard se beleggings gehou, waar dit ’n jaar tevore net R11,3 miljard was.
Dié reeks bevat ook spesialis-indekse soos die FTSE100, Euro Stoxx50 en MSCI Japan.
Oor die tydperke van een jaar, drie jaar en selfs vyf jaar was die ETF’s wat die heel beste gevaar het almal buitelandse beleggings.
Baie van die groei kan egter ook aan die wisselkoers toegeskryf word, sê Sunette Mulder, beleidsadviseur by die Vereniging vir Spaar en Belegging (Asisa).
Selfs Suid-Afrikaanse effektetrusts wat slegs in aandele belê, kan tot 30% buitelandse blootstelling hê, sê sy.
Volgens Visser maak die Suid-Afrikaanse beleggingsmark minder as 1% van die wêreldwye beleggingsmark uit. Dit is dus nie wys om 100% van jou kapitaal aan net 1% van die wêreld se beleggingsgeleenthede bloot te stel nie.
Dit is raadsaam om 25% tot 35% van jou geld aan buitelandse beleggings bloot te stel, maar dit moet deel wees van ’n gediversifiseerde portefeulje.
Sy waarsku ook om nie jou bates te ver te verwyder van waar jou laste is of uitgawes aangegaan word nie. “Buitelandse blootstelling moet deel wees van diversifikasie, eerder as iets wat uit paniek gebore is.”
Volgens Du Plessis het Suid-Afrikaners hul blootstelling aan plaaslike aandele begin verminder en hul geld na minder wisselvallige beleggings soos Suid-Afrikaanse inkomste- en geldmarkfondse geskuif.
Sy maan dat enige belegging afhang van ’n individu se risiko-aptyt.
Hoewel internasionale beleggings, veral in sektore soos tegnologie en biotegnologie, veel beter opbrengste as die plaaslike mark gelewer het, is daar periodes van wisselvalligheid met enige soort belegging.
Du Plessis maan dat individue wat in die buiteland wil belê, gemaklik moet wees met risiko en ook ’n langtermynvisie moet handhaaf.
Beleggers wat nie kan bekostig om geld vir minstens agt tot tien jaar in die buiteland te los nie, behoort mooi te dink oor buitelandse belegging, sê sy.
Deur geld oorsee te neem, kan individue blootstelling kry aan van die wêreld se voorste maatskappye soos Apple, Alphabet, Facebook en Microsoft, sê sy. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie