Al meer kinders kry kanker
’n Ongesonde dieet en verswakte immuunstelsel verhoog die risiko.
Volgens die Kankervereniging van Namibië (CAN) is ongeveer 170 kinders verlede jaar met kanker gediagnoseer.
Mnr. Rolf Hansen, CAN se uitvoerende hoof, sê volgens statistieke het die voorkoms van kanker onder kinders die afgelope drie jaar gestyg. Nuwe diagnoses het verhoog van tussen 90 en 114 per jaar tot tussen 154 en 170 per jaar.
Hy het voorts gesê die algemeenste kinderkanker in Namibië is beenmurgkanker.
Hoewel daar geen spesifieke rede is waarom kinders met kanker gediagnoseer word nie, is daar wel ’n verband tussen die doeltreffendheid van die immuunstelsel en kanker, aangesien kinders met onderdrukte immuniteit ’n hoër risiko het om kanker te kry, sê Hansen.
Hy het beklemtoon ’n gebalanseerde dieet met genoeg vars groente en vrugte is noodsaaklik vir ’n gesonde immuunstelsel.
“Ons moet meermale gesonde en gebalanseerde maaltye eet,” sê hy.
“Mahangu-pap en vis alleen is nie goed genoeg vir ons kinders nie, ons moet hulle die voedingstowwe gee wat hulle nodig het," sê Hansen. - Nampa
Hy moedig ouers aan om hul kinders hospitaal of dokter toe te neem wanneer hulle simptome toon wat insluit ’n verandering in velkleur, ’n tekort aan energie, ‘n verswakte eetlus en wonde wat nie genees nie.
Hansen sê tans ontvang ongeveer 40 kinders uit verskillende dele van Namibië by die Sentrale Hospitaal in die hoofstad behandeling teen kanker.
Volgens hom is tans sowat 10 000 mense vir kanker getoets en meer as 3 600 is met verskillende vorms van kanker diagnoseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie