Al meer stempels in seeskilpad se paspoort
’n Karetskildpad verstom die wêreld met haar swemvernuf.
Ronelle Rademeyer - Dit gons in bewaringskringe oor die beroemde karetskilpad Yoshi wat byna 27 maande gelede naby Kaapstad vrygelaat is, teen die Namibiese en Angolese kus opgeswem en toe weer suidwaarts geswenk het voordat sy haar radar op Australië ingestel het.
Sowat 26 maande ná haar vrylating in Desember 2017 het Yoshi 37 000 km afgelê en bevind sy haar nou 66 km van Australië se westelike kuslyn af.
Yoshi se uitsonderlike storie strek terug na Julie 1997 toe sy as ’n 2 kg-skilpadjie met ’n besering aan haar dop deur die bemanning van ’n Japannese vissersboot uit hul visnette gered is en aan die Two Oceans-akwarium in Kaapstad oorhandig is. Sy weeg nou 180 kg.
Yoshi se opsporingstoestel het sedert haar vrylating in Desember 2017 meer as 20 000 boodskappe gestuur wat wetenskaplikes in staat gestel het om haar roete te volg.
Sy het ná haar vrylating eers ’n geruime tyd aan die Namibiese kuslyn deurgebring voordat sy by Angola gaan draai en teruggeswem het Kaap toe.
Daar het sy feitlik reguit oos geswenk en teen gemiddeld 48 km per dag Australië toe geswem.
Volgens die Suid-Afrikaanse departement van omgewingsake se see- en kusafdeling, is dit die langste reis en tyd wat ooit deur een van hierdie opsporingstoestelle aangeteken is.
Die akwarium sê op sy webblad die toestel se battery is besig om pap te raak. Gelukkig staan Australiese navorsings- en bewaringsamptenare gereed om dit te vervang as hulle haar sou gewaar.
Daar word nou bespiegel dat Australië moontlik Yoshi se geboortestrand is en sy dalk teruggekeer het om daar te gaan eiers lê.
Me. Maryke Musson, uitvoerende hoof van die akwarium se onderrigstigting, sê Yoshi het nog altyd haar eie ding gedoen en sal dié wat haar bewegings volg, waarskynlik nog ’n rukkie aan die raai hou.
“Miskien is sy besig om te eet, of dalk is dié stop ’n belangriker plek gedurende haar reis. Ons sal gou genoeg weet om te kan sê of Yoshi tog ’n Australiër is, en of sy dalk binnekort gaan bydra tot die wêreldwye karetskilpadbevolking,” sê Musson.
Voor haar vrylating was die akwarium die enigste tuiste wat sy vir 20 jaar lank geken het. Sy was een van die groot trekpleisters en het diep in die personeel se harte gekruip.
– [email protected]
Bron: www.aquarium.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie