Al-Sjabaab stel vyf tereg
Al-Sjabaab stel vyf tereg

Al-Sjabaab stel vyf tereg

Die Al-Sjabaab-terreurgroep het vroeg in die nuwe jaar sy skrikbewind voortgesit met die teregstelling van vermeende spioene.
NAMPA
Die Somalies-gebaseerde Al-Sjabaab-ekstremiste sê hulle het vyf mans tereggestel wat daarvan beskuldig is dat hulle vir die regerings van Kenia, Ethiopië en Somalië gespioeneer het.

Al-Sjabaab het die aankondiging op hul Andalus-radiostasie gemaak. Hulle sê die teregstellings is laat Dinsdag op 'n openbare plein in Kuntuwarey in die Laer Sjabelle-streek gedoen.

Ooggetuies sê die mans is aan pale vasgemaak en is deur gemaskerde gewapende mans doodgeskiet nadat 'n selfverklaarde regter die vonnis voor 'n skare voorgelees het.

Al-Sjabaab, Al-Kaïda se Oos-Afrika-bondgenoot, veg reeds vir jare om 'n streng weergawe van Islam in die land te vestig.

Ondanks die feit dat hulle die afgelope jare grondgebied afgestaan het, gaan hulle voort om dodelike aanvalle in verskeie dele van die land, veral in die hoofstad, Mogadisjoe, uit te voer. 'n Bomaanval in Oktober het die lewe van 512 mense geëis.

– Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!