Alan brug tussen burgers, owerhede
Die vereniging vir plaaslike owerhede in Namibië (Alan) het met die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, sowel as president Hage Geingob vergader om onder meer kwessies rondom amptelike paspoorte vir raadslede en uitvoerende howe te bespreek.
Ander punte op die agenda was die verteenwoordiging van Alan-lede op verskeie rade, 'n oorsig van raadslede se toelae, sowel as verlofdae vir raadslede van plaaslike owerhede.
Alan sê in 'n verklaring hy word tans op verskeie rade verteenwoordig wat 'n direkte impak op plaaslike owerhede het en wat NamWater insluit.
Die vereniging sê raadslede se toelae is in die lig van 'n toenemend komplekse omgewing met 'n groeiende aantal verantwoordelikhede suksesvol hersien en kan geïmplementeer word.
Ook het die minister van binnelandse sake goedkeuring verleen daaraan om aansoeke vir raadslede en uitvoerende howe vir amptelike paspoorte te verwerk. Dit sal volgens die vereniging visumkoste vir amptelike besoeke verlig.
Alan onderhandel tans met die minister van arbeid om verlofdae aan raadslede van plaaslike owerhede toe te ken. Die meeste raadslede werk andersins voltyds by ander werkgewers en gebruik hul jaarlikse verlof om raadsfunksies by te woon.
Die vereniging sê dit sal voortgaan om 'n vreedsame verhouding met die sentrale regering te bevorder om Namibië te ontwikkel.
Alan sal in September vanjaar 'n gesamentlike konferensie vir plaaslike owerhede aanbied.
Alan verteenwoordig alle plaaslike owerhede in Namibië en bied 'n platform waar uitdagings ten opsigte van die sentrale regering getakel kan word.
Plaaslike owerhede vorm 'n belangrike brug tussen die sentrale regering, gemeenskappe en burgers.
Hulle speel ook 'n kritieke rol in die verwesenliking van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie