Alarm uit die lugruim
Sondag se lugramp in Ethiopië waarin 157 mense omgekom het, het nie net die wêreld geskok nie, maar plaas lugveiligheid ook in Afrika vierkantig terug op die voorgrond.
‘n Mens kan jou kwalik die pyn van naasbestaandes, kollegas en vriende indink wat in die – vir nou – raaiselagtige tragedie omgekom het. Alle slagoffers van die 33 geraakte lande was teen gister ook steeds sterk voorop in baie Namibiërs se gedagtes.
Deur die genade is ons land direkte verlies gespaar.
Ondersoeke na vliegongelukke neem meestal lank en spekulasie kan nie speurwerk versnel nie. Die feit dat die byna splinternuwe vliegtuig dieselfde soort Boeing is wat in Oktober in die Javaanse See neergestort het, beteken egter antwoorde is so gou moontlik nodig om die publiek, rederye en die vervaardiger gerus te stel.
In Januarie vanjaar het CNN berig die internasionale lugruim is volgens die Lugvaartveiligheidsnetwerk (ASN) in die Nederland toenemend veiliger. ASN het wel kommer uitgespreek dat tien van die vorige vyf jaar se 25 mees ernstige ongelukke die gevolg van ‘n verlies van beheer oor vliegtuie was.
In Namibië lê die dodelik ongeluk waarin SAL vlug 228 in 1968 betrokke was reeds buite baie inwoners se geheueraamwerk. Dit was egter nie so lank terug nie toe ‘n Mosambiekse straler in 2013 in die Bwabwata Nasionale Park geval het.
Oor die bestuur van ons nasionale redery en lughawens in die land het inwoners dikwels baie kritiek, maar groot tragedies is ons dusver gespaar gebly. Hopelik nie net weens genade nie.
So sê ander
11 Maart 2019
NG Kerk moet nugter besin oor hof se uitspraak
Hopelik sal die NG Kerk op alle vlakke – in die leierskorps, maar ook op gemeentevlak – met ’n nugtere kalmte besin oor die hooggeregshof se uitspraak dat elke gemeente nou weer self kan besluit oor die mate waarin gay lidmate mag inskakel.
Die ondeurdagte aard van die buitengewone sinode in 2016, waar dié besluit omgekeer is, word verder bevestig deur die hof se uitwysing dat op byna geen vlak voldoen is aan die prosedures van die NG Kerk se eie kerkorde nie.
Die gay-kwessie het die NG Kerk die laaste tyd onnodig seergemaak. Die kerk moet die kwessie nou probeer hanteer op ’n manier wat dié instelling eerder versterk.
In vele opsigte kan die kerk met sy bronne en sy talryke gemeentes landwyd steeds ’n sleutelrol speel in die stabilisering van ons samelewing.
Die gay-kwessie bly steeds ’n omstrede onderwerp in verskeie kerke, al is gelyke regte vir gays reeds in die Suid-Afrikaanse regstaat gevestig.
In hul besinning daaroor sal kerklidmate minstens in ag moet neem dat dit hier gaan oor ’n spesifieke groep gays wat die Christelike geloof openlik bely en nie vir hulself ’n lewe buite die kerk kan voorstel nie. Is dit nie die waardestelsel wat die NG Kerk in die eerste plek bevorder nie? Wat ’n sterk getuienis deur ’n groep wat juis meermale aan die ontvangkant van uitsluiting in die kerk is.
Die NGK het later vanjaar weer ’n algemene sinode. Dit kan ’n belangrike geleentheid vir kerkleiers wees om sinvolle rigting te gee.
• BEELD/VOLKSBLAD/NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie