Albei Joostes weer agter tralies
Francoise Steynberg - Die bekende kliniese sielkundige, dr. Ockie Jooste, en sy vrou Mylene is albei weer agter tralies nadat nóg twee klagte by hul saak gevoeg is.
Mylene is Woensdag weer in hegtenis geneem, het haar regsverteenwoordiger, mnr. Kennedy Haraseb, gister teenoor Republikein bevestig.
Die Joostes het gister weer in die Windhoekse landdroshof op klagte van diefstal met valse voorwendsels verskyn. Landdros Inge Rheent het die saak tot 21 Junie vir verdere ondersoek en oorweging van borgtog uitgestel.
Haraseb het gesê dit is baie moeilik vir die Joostes om tans op borgtog vrygelaat te word, weens die twee bykomende klagte.
" Ons kyk maar of ons die krediteure kan terugbetaal," het Haraseb gesê.
Volgens die regsverteenwoordiger is dr. Jooste " vir sy eie veiligheid na die polisiekantoor by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako oorgeplaas, maar hy is nie in die Windhoekse sentrale gevangenis aangerand" soos beweer nie.
Dié egpaar is op 27 Mei in hegtenis geneem en Mylene is verlede Woensdag tydens hul tweede verskyning in die Windhoekse landdroshof op borgtog van N$5 000 vrygelaat.
Mnr. Ivann Tjizu verskyn vir die staat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie