Albino-gemeenskap ondersteun
Albino-gemeenskap ondersteun

Albino-gemeenskap ondersteun

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die Namibia Grape Company (NGC) het onlangs ’n skenking ter waarde van N$80 000 aan die Albino-vereniging oorhandig.

Tydens die oorhandiging het mnr. John Endjala, voorsitter van die NGC, gesê hulle besef hoe moeilik dit vir albino-mense is om kop bo water te hou.

Toe die vereniging hulle om hulp genader het, kon hulle nie anders as om te help nie, het Endjala gesê.

Tydens die oorhandiging het mnr. Joseph Ndinomipya, president van die Albino-vereniging, gesê hulle wil deur middel van die skenking bewusmaking van albinisme skep.

Hy het gesê albino's moet geregistreer word omdat hulle geregtig is op regeringsondersteuning.

“Ons bedank daardie mense wat ander nog op die hart dra, wat seker maak dat ons ook ’n bietjie gemakliker lewe,” het Ndinomipya gesê.

Hy het ’n beroep op belanghebbers vir voortgesette ondersteuning gedoen.

"Die mense sien neer op ons," het hy gesê.

Volgens mnr. George Likukela, tesourier van die NGC, is dit nie hul eerste skenking nie, en beloop hul jaarlikse ondersteuning van behoeftiges sowat N$1 miljoen.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer