Albwardy bestee N$1 miljard op Komsberg

Plaas Komsberg floreer onder sy nuwe eienaar en bestuur.
Sanet de Waal
Ronelle Rademeyer – Vier jaar nadat mnr. Ali Saeed Juma Albwardy (64) van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) die plaas Komsberg aan die Oranjerivier in Maart 2017 gekoop het, is N$1 miljard reeds aan uitbreidings en opgraderings bestee.

Buiten die vestiging van nuwe wingerde tafeldruiwe (altesaam 76 hektaar), is 107 000 sitrusbome van verskillende variëteite naartjies en pomelo's ook onder nette aangeplant, vertel die hoofbestuurder, mnr. Jacques Clift.

Die sitrusboord is sowat 96 hektaar groot.

Daarbenewens is nagenoeg N$307 miljoen bestee om tweeslaapkamerhuise vir die permanente plaaswerkers op te rig en woonstelle te bou waar die seisoenale werkers kan tuisgaan, sê Clift.

Nuwe huise is ook vir die bestuurders en hul gesinne gebou en 'n luukse gastehuis is opgerig waar besoekers tuisgaan en onthaal word.

Albwardy, wat in Dubai woon, is die hoof van Albwardy Investment wat in die Midde-Ooste, Europa, Suid-Amerika en Afrika in voedselverspreiding en -logistiek, kleinhandel, konstruksie, skeepswerwe en die gasvryheidsbedryf betrokke is.

“Komsberg is die groep se enigste landbouprojek,” vertel Clift.

Een van die kleinhandelgroepe wat deur Albwardy Investment besit word, is Spinneys in die VAE.

“Dit is soos 'n Woolworths op steroïede en van die tafeldruiwe wat op Komsberg verbou word, is daar op die rakke beskikbaar.”

Clift sê 'n sonplaas om in twee­derdes van Komsberg se kragbe­hoeftes te voorsien, is een van die volgende projekte wat tans aandag geniet.

Dit is in 'n poging om elektrisiteitskoste, wat jaarliks miljoene Namibiese dollar beloop, te verlaag.

“Verder is ons ook van plan om in die nabye toekoms bloubessies (25 ha) en dadels op Komsberg te vestig.”

Hy sê die sitrusbome sal teen 2023 in produksie wees en die projeksie is 'n jaarlikse opbrengs van 255 000 kartonne (15,5 kg elk) per jaar.

“As die nuwe wingerde wat aangelê is in 2022 in produksie is, sal ons 880 000 kartonne tafeldruiwe (4,5 kg elk) produseer,” sê Clift.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!