Alcino se drieë in Kimberley verniet
Rugby
Die Namibiër Alcino Izaacs het Woensdagaand twee drieë voor rustyd gaan druk, maar dit was nie genoeg om sy OP-Kings span van ’n nederlaag in Kimberley te red nie.
Griekwas het die Curriebeker premierliga-wedstryd met 47-24 gewen danksy drie drieë vroeg in die tweede helfte.
Die linkervleuel Izaacs was saam met JC Greyling as buitesenter in die Oos-Kapenaars se beginspan. Dit was juis ’n akkurate aangee van Greyling wat vir Izaacs op die lopie vir sy eerste drie weggestuur het.
Ná Izaacs se volgende vyfpunter het die Kings se sogenaamde B-span rustyd nog verrassend met 17-14 voorgeloop.
Die Kings moet reeds môre weer in Bloemfontein teen die Vrystaat-Cheetahs hul derde wedstryd dié week speel, nadat hulle ook laas naweek tuis met die Westelike Provinsie slaags was.
Die Kings verdien lof vir die manier waarop hulle in die eerste helfte gespeel het, maar toe die tuisspan se agterlyn in die tweede helfte eers sy ritme gekry het, was daar moeilikheid vir die besoekers.
Die linkervleuel Ederies Arendse het vyf minute ná rustyd die eerste krake in die damwal laat verskyn toe hy oor is vir sy drie.
Drie minute later het sy vleuelmaat Alshaun Bock ná ’n skitterende lopie gedruk en drie minute ná hom was dit die kaptein en heelagter, AJ Coertzen, se beurt.
Peter Engledow, afrigter van Griekwas, sal asem ophou oor twee van sy mees senior spelers wat weens beserings af is.
Die senter JW Jonker is in die 20ste minuut deur Eric Zana vervang en die stut Steph Roberts moes vyf minute later die veld verlaat.
Barend Pieterse, die Kings se hoofafrigter, was beïndruk met sy span. “Dit was opwindend om die vlak van toewyding en inspanning te sien.”
VS het ‘voorosse’ terug vir Kings-stryd
Die Vrystaat-Cheetahs gaan geen kanse in hul Curriebeker-stryd teen die Oostelike Provinsie-Kings waag nie, en sal môre in Bloemfontein met hul sterkste beskikbare span opdraf, skryf Owen Kock.
Die tuisspan sal weer sy voorkeur-voorry – Ox Nche, Torsten van Jaarsveld en Tom Botha – tot sy beskikking hê.
’n Verdere verandering is op die plaasvervangerbank gemaak waar drie agterspelers ingesluit is.
Nche-hulle vervang onderskeidelik vir Charles Marais, Jacques du Toit en Aranos Coetzee.
Die senter Michael van der Spuy is die bykomende agterspeler op die bank.
Die afrigter Franco Smith het sy besluit verduidelik om met drie agterspelers op sy plaasvervangerbank te gaan, in plaas van die gebruiklike twee.
“Dit hang af van die weersomstandighede en die teenstanders. As ons kyk na hoe warm dit gaan wees (Saterdag), wil jy nie met krampe in die laaste 20 minute sit nie. Daar is van die spelers op die bank wat meer geleentheid moet kry en al hoe dit reggekry gaan word, is as hulle speelkans te kry. As ons die wiel wil aanhou laat draai dan sal ons ’n speler soos Niel Marais (plaasvervangerlosskakel) dalk ’n gedeelte van die wedstryd betrokke moet wees. Dit kan slegs gedoen word as jy genoeg spelers op die bank het.”
Smith is dit eens die feit dat die Kings niks het om te verloor nie maak van hulle gevaarlike kalante.
Die Kings het na hul wedstryd teen Griekwas Woensdagaand in Kimberley gister in Bloemfontein aangekom.
Die span met heelwat staatmakers terug in die geledere, waaronder hul kaptein en skrumskakel Ricky Schroeder en die haker en onderkaptein Mike Willemse.
Die wedstryd 23-tal toon 12 veranderinge in die beginspan van die een wat met 24-47 teen die Poubloues vasgeval het. Slegs drie spelers het hul plekke behou, speel ni ein dieselfde posisies nie.
Dylan Pieterse skuif van vyfslot na vierslot, JC Greyling van binne- na buitesenter en Siviwe Soyizwapi draf uit op regtervleuel na hy verlede week buitesenter gespeel het.
Jaco van Heerden, wat in die Curriebeker-halfeindstryd laas ’n wedstryd behartig het waarin die Bloemfonteiners gespeel het, is die skeidsregter.
Spanne:
Vrystaat-Cheetahs: Clayton Blommetjies, Rayno Benjamin, Nico Lee, William Small-Smith, Raymond Rhule, Fred Zeilinga, Tian Meyer (k), Niell Jordaan, Uzair Cassiem, Tier Schoeman, Reniel Hugo, Carl Wegner, Tom Botha, Torsten van Jaarsveld, Ox Nche. Reserwes: Jacques du Toit, Charles Marais, Justin Basson, Henco Venter, Shaun Venter, Niel Marais, Michael van der Spuy.
OP-Kings: Johann Tromp, Siviwe Soyizwapi, JC Greyling, Burton Klaasen, Sampie Mastriet, Pieter-Steyn de Wet, Ricky Schroeder (k), Christiaan de Bruin, Etienne Oosthuizen, Vince Jhobo, Sebastian Ferreira, Dylan Pieterse, Vukile Sofisa, Mike Willemse, Justin Forwoord. Reserwes: Martin Bezuidenhout, Barend Potgieter, Hannes Huishamen, Brandon Brown, Vian van der Watt, Kobus Marais, Gainfried May.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie