Alkohol (weer) heeltemal verban
Alkohol (weer) heeltemal verban

Alkohol (weer) heeltemal verban

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Geen alkoholiese drankies – ook nie die wat minder as 3% alkohol bevat – mag tydens fase 2 van die inperking in die land gekoop of verkoop word nie.

Dit kom na die regulasies vir fase 2 van die grendelstaat eergister deur president Hage Geingob in die Staatskoerant publiseer is en die koop en verkoop van alle drank heeltemal verbied word.

Dienooreenkomstig het bronne bevestig alle alkoholiese drank is glo reeds vroeg gisteroggend van winkelrakke verwyder, terwyl afleweringslorries opdrag ontvang het om in hul spore om te draai.

Mnr. Wessie van der Westhuizen, besturende direkteur van Namibia Breweries Limited (NBL), het aan Republikein bevestig dat ’n opdrag van “geen verkope van alkohol” ontvang is en NBL sal aan die regulasie gehoor gee.

In die Staatskoerant van 4 Mei word die koop en verkoop van drank verbied, wat slegs gedefinieer word as “enige wyn, bier, appelbier of ander drank wat alkohol volgens sy gewig en volume bevat en vir menslike verbruik geoormerk is”.

Daar word nie gespesifiseer dat dit eers ‘n sekere hoeveelheid alkohol moet bevat om as “drank” beskou te word nie.

Daarteenoor dui die Drankwet van 1998 aan daar word met die woord “drank” slegs verwys na drankies wat 3% of meer alkohol bevat.

Hiervolgens is Namibiërs toegelaat om die laaste week in April drank te koop wat minder as 3% alkohol bevat.

In eergister se Staatskoerant word egter gesê die nuut afgekondigde regulasies in die gespesifiseerde tydperk is dwarsoor Namibië van krag.

Ook word gesê indien dit in konflik is met enige ander wetgewing, geld die jongste regulasies.

Tans kan daar net vir uitvoerdoeleindes met alkohol handel gedryf word, of wanneer dit ingevoer word om later weer uitgevoer te kan word.

Die polisie kan verder beslag lê op drank sonder ’n lasbrief, sou hulle vermoed dat dit gedurende Fase 2 gekoop of verkoop word.

Fase 2 het om 23:59 op 4 Mei begin en is tot 1 Junie om 23:59 van krag. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!