All Blacks pos senter Rieko Ioane
All Blacks pos senter Rieko Ioane

All Blacks pos senter Rieko Ioane

Rugby
Die All Black-senter Rieko Ioane, wie se slordige tegniek sy span ’n drie gekos het in die eerste Bledisloebeker-toets, is Vrydag uit die beginspan weggelaat vir Sondag se tweede kragmeting teen Australië.
Hy sit op die plaasvervangersbank teen die Wallabies op Eden Park, met Anton Lienert-Brown wat in die nr. 13-trui opdraf.
Ian Foster, afrigter, het vier veranderinge gemaak aan sy beginspan ná verlede week se gelykopuitslag met 16 elk in Wellington.
Beauden Barrett het van ’n besering herstel en vervang Damian McKenzie in die laaste vesting.
Caleb Clarke begin sy eerste toets op linkervleuel in die plek van George Bridge, wat weens ’n borsbesering vir tot ses weke buite aksie sal wees.
Voorlangs vervang Tupou Vaa’i vir Sam Whitelock (harsingskudding) op slot en Dane Coles sak op haker in Codie Taylor se plek.
• Dave Rennie, die Wallabies se afrigter, het vier veranderinge gemaak aan sy 23-tal vir die toets teen die All Blacks.
Die haker Folau Fainga’a, agtsteman Pete Samu, plaasvervanger-losvoorspeler Rob Valetini en plaasvervanger-losskakel Noah Lolesio is almal hul plekke vir Sondag se kragmeting kwyt.
Ned Hanigan en Brandon Paenga-Amosa keer terug vir hul eerste wedstryd vir die Wallabies in twee jaar, terwyl Jordan Petaia en Liam Wright ’n plek op die bank kry.
Die wedstryd skop af om 04:55 (SA tyd).
• Spanne:

ALL BLACKS: Beauden Barrett, Jordie Barrett, Anton Lienert-Brown, Jack Goodhue, Caleb Clarke, Richie Mo’unga, Aaron Smith, Ardie Savea, Sam Cane (k), Shannon Frizell, Tupou Vaa’i, Patrick Tuipulotu, Ofa Tuungafasi, Dane Coles, Joe Moody.
Reserwes: Codie Taylor, Alex Hodgman, Nepo Laulala, Scott Barrett, Hoskins Sotutu, TJ Perenara, Rieko Ioane, Damian McKenzie.

WALLABIES: (1-15): James Slipper, Brandon Paenga-Amosa, Taniela Tupou, Lukhan Salakaia-Loto, Matt Philip, Ned Hanigan, Michael Hooper (k), Harry Wilson, Nic White, James O’Connor, Marika Koroibete, Matt To’omua, Hunter Paisami, Filipo Daugunu, Tom Banks.
Reserwes: Jordan Uelese, Scott Sio, Allan Alaalatoa, Rob Simmons, Liam Wright, Jake Gordon, Jordan Petaia, Reece Hodge.
– Reuters, Netwerk24


FOTO
Rieko Ioane se flater teen die Wallabies in Wellington het hom sy plek in die All Black-span gekos. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!