Allan Gray koop groot deel van KAP by Steinhoff
Nellie Brand-Jonker
Steinhoff se aandele in KAP Industrial wat hy verlede week dringend verkoop het, is grootliks deur die batebestuurder Allan Gray gekoop.
In 'n aankondiging op die Sens-nuusdiens van die JSE het KAP aangedui dat Allan Gray hom ingelig het dat hy nou 28,1% van sy gewone aandele besit.
Allan Gray het einde Junie verlede jaar 'n belang van 13% in KAP gehad, toon die maatskappy se jaarverslag. Dit beteken indien hy nie sedertdien weer aandele gekoop het nie, het die batebestuurder meer as die helfte van die aandele gekoop wat Steinhoff verlede week verkoop het.
Steinhoff se nie-regstreekse volfiliaal Ainsley Holdings het verlede week die aandele verkoop.
Steinhoff het voorheen 25,6% in KAP Industrial gehou.
Die aandele wat met 'n versnelde boekbou in die mark verkoop is, het 694,2 miljoen beloop. Dit is teen R6,85 per aandeel verkoop teen 'n afslag van bykans 10% van die vorige dag se sluitingsprys.
Steinhoff het R4,8 miljard daarmee ingesamel.
'n Jaar gelede het Steinhoff nog 42,7% gehou voordat nog 'n deel van die belang verkoop is.
Steinhoff verkoop die aandele om van sy skuld te delg.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie