Alle Covid-19-gevalle na Windhoek Sentraal
Twee ambulanse is by die Windhoek Sentrale Hospitaal aan diens om enige Covid-19-gevalle hierheen te vervoer.
Henriette Lamprecht - Huidige protokol vereis alle vermoedelike gevalle van Covid-19 moet na die Windhoek Sentrale Hospitaal verwys word. Dit geld ook vir private pasiënte.
Twee ambulanse is by dié hospitaal op bystand om vermoedelike gevalle te vervoer. Nog ’n opsie is die militêre veldhospitaal wat by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako opgerig is.
Die voorsitter van die Namibiese Vereniging van Private Hospitale en direkteur van die Rhino Park Private Hospitaal, me. Esme Botes, het bevestig dit is tans die amptelike protokol soos vereis deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dat dié pasiënte net in die betrokke staatshospitaal behandel word.
Die ministerie vereis ook alle moontlike gevalle, hetsy in die private of openbare sektor, moet by die ministerie aangemeld word.
Volgens Botes kan die huidige protokol dat alle gevalle in die staatshospitaal behandel word, gewysig word.
“Die ministerie sou Vrydag die nuwe protokol uitstuur, maar ons het dit nog nie ontvang nie. Hopelik gebeur dit vandag.”
Botes het beklemtoon private pasiënte sal tans nie weggewys word nie.
“Alle pasiënte sál gehelp word.”
Sy het benadruk mense wat simptome van die siekte ervaar, moenie “onnodig” en sonder meer na ’n dokter of hospitaal haas nie.
“Bly eerstens by die huis en kontak eers jou dokter voordat jy na ’n spreekkamer of hospitaal gaan om te hoor of dit nodig is,” het sy gesê.
In Mei 2010 het die openbare gesondheidsektor volgens die Health Sector Public Expenditure Review oor 7 551 beddens in staatshospitale en klinieke beskik.
Dit beteken ’n koers van 3,2 beddens per 1 000 inwoners.
Die private sektor het volgens die verslag in 2018 altesaam 101 gesondheidsgeriewe gehad met 1 144 beddens wat hoofsaaklik in die Khomas- en Erongostreek gevestig is.
Die Aptektersvereniging van Namibië (PSAN) se visepresident, mnr. Uli Ritter, het teen druktyd gistermiddag nie gereageer op navrae oor of enige protokol vir sy lede in plek is om die paniek en histerie oor onder meer die aankoop van medikasie te hanteer nie.
Die Mediese Vereniging van Namibië (MAN) het ook teen druktyd gister nie op navrae oor protokol vir hul lede gereageer nie.
Intussen is die tolvrye nommer, 0800 100 100, wat vir enige navrae oor Covid-19 geskep is, gister binne enkele sekondes beantwoord.
Dié nommer word 24 uur per dag onder die vaandel van die ministerie van gesondheid beman en bestuur, en is deur die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) goedgekeur.
Volgens Cran se uitvoerende hoof, mnr. Festus Mbandeka, kan die internasionale noodkode 911 ook vir enige Covid-19-verwante navrae gratis geskakel word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie