Alle dobbelmasjiene moet geregistreer word
Die regulasies van die Dobbelary- en Vermaakbeheerwet van 2018 word tans by slypskole landswyd bespreek.
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme het geen idee hoeveel dobbelmasjiene en -huise tans in die land is nie, daarom moet alle dobbelmasjiene geregistreer word.
Volgens die direkteur van toerisme en dobbelary in die ministerie van die omgewing en toerisme, dr. Sem Shikongo, is daar tans ses casino's en 256 dobbelhuise met wettige lisensies, "maar onwettige dobbelhuise het intussen in die land opgeskiet wat nou onder die nuwe Dobbelary- en Vermaakbeheerwet van 2018 geregistreer moet word".
Die ministerie het Woensdag en Donderdag onderskeidelik regulasies oor dobbelaryen loterye bespreek.
Die minister, mnr. Pohamba Shifeta, het tydens die amptelike opening van die slypskool gesê "sowat 99% van dobbelhuise in die land is onwettig. Die dobbelbedryf kan 'n reusebedryf wees; dit is reeds groot, as al die onwettige dobbelhuise in ag geneem word".
Shikongo sê dobbelaars moet beskerm word, dobbelmasjiene moet gestandardiseer word en die uitreik van dobbellisensies moet deursigtig en regverdig geskied.
"Die dobbel- en speletjiesbedryf moet gereguleer, beheer, gepolisieer en gelisensieer word," het hy beklemtoon.
"Elke masjien moet nou die naam en lisensienommer van 'n geregistreerde eienaar hê. Alle dobbelmasjiene moet binne ses maande nadat die wet van krag word, geregistreer en aan 'n sentrale elektroniese moniteringstelsel gekoppel wees," maan Shikongo.
Volgens hom sal dié moniteringstelsel sorg dat nie met dobbelmasjiene gepeuter kan word nadat dit gekalibreer is nie.
"Ons sal ons vir eers blind hou, maar die registrasieproses mag nie langer as 'n jaar duur nie. Sodra vasgestel is hoeveel dobbelmasjiene in die land is, sal die minister en die dobbelaryraad besluit hoeveel lisensies per streek uitgereik word."
ANDER LISENSIES
Ander lisensies waarvoor aansoek gedoen moet word, is vir onder meer vervaardigers en verskaffers van masjiene, toetsagente en sleutelpersoneel.
Die direkteur maan dat geen lisensies geëerf, oorgedra of verhuur kan word nie.
Voorts sal minderjariges en dobbelverslaafdes beskerm word: "'n Swartlys sal vir dobbelverslaafdes saamgestel word."
Shikongo het erken dat die polisiëring van onwettige aanlyn speletjies "'n kopseer is" en hy vergelyk dit met die konsep van klimaatsverandering wat op "internasionale vlak bespreek moet word".
Weddenskappe vir perderesies en sportgeleenthede val nou ook onder hierdie wet en volgens Shikongo moet beroepswedders en totalisators vir boerpotte ook aansoek vir lisensies doen.
Shikongo het gesê soos in die geval van die loterywet, sal 'n nuwe staatsonderneming (nie noodwendig in die ministerie van die omgewing en toerisme nie) vir dobbelary gestig word wat die dobbelaryfonds sal beheer. In die staatsonderneming sal 'n dobbelaryraad met vyf direksielede wees, asook 'n uitvoerende hoof, 'n finansiële hoof, en onder andere operasionele personeel en inspekteurs.
Die volgende slypskool oor loterye en dobbelary vind vandag en môre by Schützenhaus op Keetmanshoop plaas. Op 28 Februarie en 1 Maart word dit by die Swakopmund Hotel en Vermaaksentrum gehou. Die eerste dag word aan loterye gewy en die tweede aan dobbelary.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie