Alle grappies op ‘n verhoog
NAM Comedy Circle vind elke laaste Woensdag van die maand by die Hilton Kalabar plaas en bied dié keer 'n kritiese blik op Namibië 29 jaar ná onafhanklikheid.
“Clerance” Mervin Claasen is eerste aan die beurt. Claasen het by twee groot Namibiese teaterpersoonlikhede, Severius Majiedt en Joseph Keamogotsi Molapong, baie van die verhoog geleer en eindelik sy kans met stand-up komedie gewaag.
Hoewel hy nie onbekend in vermaakkringe is nie, is stand-up komedie relatief nuut vir hom.
Danksy die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) is Claasen in 2007 na die bekende Franse nar-onderneming, Matapeste, genooi en het hy 'n opleiding as nar gekry.
Daarná het hy deur Frankryk getoer om sy nuwe vaardighede te toets en te slyp. Dit is waar die nar, sanger, danser en kunstenaar “Clerance” gebore is.
Ná Clerance is Lifalaza Simataa, beter bekend as Lifa, aan die beurt.
Lifa sê hy het ‘n vier jaar lange blaaskans van komedie geneem, waartydens hy sielkunde aan Unam gestudeer het, maar hy is terug en reg om die gehoor met sy sielkundige analises te vermaak.
"Ek kan jou gedagtes lees. Ek het in my tweede jaar geleer hoe om dit te doen," spot hy.
Ná hy persoonlikhede in die sawelewing ontleed het – veral dié van die gehoorlede in die voorste rye, gaan hy die verband tussen onderwys en werkloosheid vanuit sy perspektief deel.
Ritha Muraranganda is 'n jong vrou met Angolese gene en ‘n voorliefde vir Namibiese aksente en kulture.
Sy is in Windhoek gebore en het haar onderwysdiploma voltooi. Sy sê sy toets haar grappies op kinders tussen vyf en ses jaar oud.
"As die kinders van my grappies hou," sê sy, “kan ek die grappies maar voor volwassenes ook vertel.”
Die bekende komediant en seremoniemeester Mark Kariahuuha gee die vloer in die gees van Internasionale Vrouedag aan Jana Marie Backhaus oor, wat die gehoor met haar onmiskenbare Duitse sjarme sal vermaak.
NAM Comedy Circle vind op 27 Maart om 20:00 plaas. Toegang is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie