Alle leerlinge keer niu00e9 Maandag terug skool toe
Alle leerlinge keer niu00e9 Maandag terug skool toe

Alle leerlinge keer nié Maandag terug skool toe

Ronelle Rademeyer
Die aankondiging deur pres. Hage Geingob oor die heropening van die skole op 7 September, is ná gesprekvoering tussen die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en die Namibië Nasionale Onderwysvakbond (Nantu) gewysig.
Net graad 7's, 8's, en 9's keer Maandag 7 September terug skool toe. Dit sluit nie die Khomas-leerlinge in hierdie grade in nie.
Op 14 September keer die graad 4's, 5's en 6'e landswyd terug skool toe, saam met die graad 7's, 8's en 9's in die Khomasstreek.
Op 21 September kan kinders in die pre-primêr, asook garad 1- 3 die skooljaar hervat.
Die onderwysminister, me. Anna Nghipondoka, sê die ministerie en die onderwysvakbond besef dié verandering het implikasies vir alle belanghebbendes. Volgens haar sal veranderinge aan die skoolkalender binnekort binnekort gekommunikeer word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!