Alle ou00eb op diu00e9 tender
Alle ou00eb op diu00e9 tender

Alle oë op dié tender

Dani Booysen
Vrydag het die hoërhof ‘n uitspraak in ‘n tendergeskil gelewer wat afhangende van hoe hierdie saak ontvou, verreikende administratiewe, finansiële en ander gevolge kan hê.
Die regering het feitlik dadelik aangedui dat hy appèl sal aanteken.
Die hof het in die guns van die Anhui Foreign Economic Construction Corporation (AFECC) van China beslis dat ‘n reusetender vir die opknapping en uitbreiding van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako onwettig deur die regering gekanselleer is. Die tender se waarde beloop sowat N$8 miljard volgens die huidige wisselkoers.
Pres. Hage Geingob het in Desember 2015 persoonlik die kansellering van die tender aangekondig – ‘n ingryping waarvoor hy ná fel openbare kritiek groot lof toegeswaai is. Die besluit het gevolg na ‘n kabinetskomitee bevind het dat ander tenderaars moontlik benadeel is weens die ondeursigtige aard van die proses.
Die afgelope Vrydag het Geingob opnuut benadruk dat onetiese en twyfelagtige tendertoekennings ‘n vername front is waarop die regering onnodige staatsbesteding aan bande kan lê.
Hoewel regter Shafimana Ueitele nog nie redes vir Anhui se sukses verstrek het nie, kan hierdie saak ‘n streng vingerwysing en belangrike gesag oor die moets en moenies met staatstenders word.
Deel van die aansoekers se betoog was dat Geingob volgens hulle as voormalige eerste minister volledig bewus van die projek was.
Namibiërs wag met opgehoue asems vir die volvoering van die saak en hoop dat die hooggeregs­hof die geskil op die sneltrajek sal skuif.

So sê ander
12 September 2016

Waterkrisis in Gauteng kom van droogte, ANC

Verskeie ontleders het al daarop gewys dat Suid-Afrika op die vooraand van verdere politieke onstabiliteit en selfs onrus kan staan weens waterskaarste.
In Gauteng is die Vaaldam – die hoofwaterverskaffer – net 32,6% vol teenoor byna 90% in 2014. In dié provinsie, en veral in Johannesburg, is waterbeperkings reeds ingestel.
Dat Suid-Afrika, en veral Gauteng, se watervoorraad mettertyd onder druk sou kom, is al in die 1980’s voorsien en daarom is die Lesotho-Hoogland-waterskema begin.
Die bevolking gaan uiteindelik die prys betaal vir die gebrek aan operasionele fokus, korrupsie en duidelik strategiese rigtingloosheid oor die land se watervoorraad.
Dit is nodig dat Suid-Afrikaners ingelig word oor die regering se strategiese doelwitte ten opsigte van die waterbronne en hoe dit doeltreffend en korrupsievry bestuur gaan word.
• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!