Alle oë vanaand op Brussels

Die gesogte Diamantliga is vir oulaas vanjaar die speelveld vir die twee Namibiese blitse.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Christine Mboma en Beatrice Masilingi tree vanaand om 21:04 by die Koning Boudewijn-stadion in Brussels, België, vir die 200 meter-naelloop van die voorlaaste Wanda Diamantliga-byeenkoms van die jaar aan.

Regstreekse uitsending van die byeenkoms begin vanaf 20:00 op DStv (SuperSport Variety 3) en dit kan algemeen verwag word dat Namibië opnuut vir 'n paar sekondes tot stilstand sal kom om sy twee liefling-atlete op volle vaart te aanskou.

Die twee 18-jarige Namibiese sensasies is uiteindelik beide na die Allianz Van Damme-gedenkbyeenkoms in Brussels, asook die Weltklasse Diamantliga-finaal komende Woensdagaand by die Letzigrund-stadion in Zürich, Switserland, genooi.

Die Namibiese blitse sal vanaand onder andere teen Dina Asher-Smith (25) van Brittanje, die Jamaika se Shericka Jackson (27) en Sha'Carri Richardson (21) van die VSA vir die 200 in die wegspringblokke hul plek inneem.

Asher-Smith spog met 'n persoonlike beste tyd van 21.88 sekondes waarmee sy die 2019 Wêreldkampioenskap in Doha beklink het (2 Oktober 2019). Vanjaar kon die Brit egter nog nie weer onder 22 sekondes draai nie (seisoensbeste 22.06).

Sy het nie by die Olimpiese Spele in Tokio aan die 200 deelgeneem nie. Asher-Smith is tans agtste op Wêreldatletiek se 200-ranglys ná Mboma (sesde), met Masilingi (tiende) kort agter hulle.

Jackson se persoonlike beste tyd en seisoensbeste van 21.82 het sy op 27 Junie 2021 in Jamaika behaal. Sy het egter met 23.26 (vierde) in die 200-uitdunne in Tokio die bus na die semifinale verpas omdat sy soos 'n beginner te vroeg begin briek trap het.

Jackson het in 2019 in Doha by die Internasionale Khalifa-stadion die 200-wêreldtitel met 'n haastige 21.88 opgeraap. Sy is tans negende op Wêreldatletiek se 200-ranglys.

Sha'Carri Richardson van die VSA was weens 'n positiewe toetsuitslag vir die rook van 'n daggazol deur Wêreldatletiek geskors en moes dus vanjaar se Olimpiese Spele misloop. Sy het verlede jaar die 200 in 22.00 sekondes vir haar persoonlike beste tyd afgelê en sover vanjaar kon sy 22.11 aanteken. Sy is tans 102de op Wêreldatletiek se 200-ranglys, maar kan vanaand 'n groot sê hê.

Richardson sê sy droom daarvan om ook die 200 onder 22 sekondes af te lê.

Sy het aan Wêreldatletiek gesê: “Dis my eerste keer in Brussels en tot dusver het alles volgens plan verloop. Ek geniet dit hier, want elke Europese land is vir my 'n nuwe ondervinding. Ek voel liggaamlik en geestelik reg vir die uitdaging. Laat die kompetisie begin.

“Ek voel soos 'n baba in die geselskap van die ander vroue wat reeds tye van onder 22 sekondes agter hul name het. As ek vir die 200 aantree, doen ek dit met dieselfde entoesiasme as vir die 100. Ek en my afrigter werk baie hard om in beide dissiplines uit te blink.

“Ek sien regtig uit daarna om (vanaand) onder die 22 sekondes te hardloop.”

Oor 100 meter is Richardson tans die sesde vinnigste vrou in die geskiedenis.

Haar gekneusde ego ná die venynige kritiek wat sy op sosiale media verduur het ná haar onsuksesvolle terugkeer met 'n negende plek in haar eerste 100-resies ná die Olimpiese Spele, sal die kleurvolle karakter van Texas verder aanspoor.

Die ander drie atlete in vanaand se 200 is Lily Kaden (19) van Duitsland (23.32 PB en SB), saam met die Belgiese paar Rani Rosius (21) en Imke Vervaet (28) wat onderskeidelik met 23.49 en 23.05 as hul persoonlike én seisoensbeste tye. Varvaet het haar 23.05 tydens die Olimpiese 200-uitdun in Tokio met 'n vierde posisie behaal.

Mboma met 21.81 (o.20-wêreldrekord in Tokio) en Masilingi met 'n persoonlike beste van 22.18 in Nairobi, Kenia, by die 2021 o.20-wêreldkampioenskap, staan 'n goeie kans om vanaand opnuut onder die eerste drie posisies te eindig en sodoende hul porsie van die aanloklike prysgeld op te eis.

Jamaika se “dubbele dubbele” Olimpiese kampioen (Rio 2016 en Tokio 2020 se 100 én 200), Elaine Thompson-Herah, sou aanvanklik ook in Brussels haar spykerskoene vir die 200 aangetrek het. Sy het egter weens uitputting van te veel onlangse byeenkomste aan dié kompetisie onttrek.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.04 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 589.10/OZ UP +1.16% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.84% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.71/BBP UP +2.35% | Platinum US$ 984.85/OZ UP +1.78% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.04 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 589.10/OZ UP +1.16% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.84% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.71/BBP UP +2.35% | Platinum US$ 984.85/OZ UP +1.78%