Alle ou00eb vandag op Gordhan se toespraak
Alle ou00eb vandag op Gordhan se toespraak

Alle oë vandag op Gordhan se toespraak

Die verband tussen die staat se begroting en boerdery
Ronelle Rademeyer
Dr. Kobus Laubscher - Die Suid-Afrikaanse minister van finansies het bepaald een van die mees uitdagende begrotingstoesprake wanneer die nasie môre toegespreek word.

Die minister is self onder beleg met ’n aanklag van bedrog waarvoor hy ’n week ná sy toespraak in ’n ope hof moet tereg staan.

Dié ontwikkeling is na bewering besig om ’n wig te dryf binne die regerende party met teen en vir argumente, en ongekende steun aan die aksie onder leidende sakelui wat Pravin Gordhan ondersteun.

As sodanig dui dié verwikkelinge op ’n ernstige leierskapsvakuum. Daar word vervolgens amper onrealistiese verwagting gestel aan wat Gordhan gaan en kan opdiep. Vervolgens die ooreenkomste.

Rysmiere en erosie

Die uittredende Openbare Beskermer het ’n verslag vrygestel wat na bewering ernstige nepotisme en staatkaping blootgelê het. Minister Gordhan het self ingespring met ernstige vrae oor beweerde kapitaalvloei wat die fiskus kan benadeel.

Ernstige lekkasie van staatsfondse as gevolg van korrupsie en ander ontoepaslike metodes om met die geld van die staat te werk, is aan die orde en moet getakel word. Die dam het lekplekke waarvan sommige die gevolg is van normale verweer, maar daar is afdoende tekens waar lekplekke ekstern aangebring is. Rysmiere vreet die bietjie gras wat oor is, op. Erosie kalwe die potensiaal weg en beide sal met groot koste hokgeslaan moet word en as sodanig verteer dit besteebare inkomste wat beter aanwending kon vind soos om groei te stimuleer.

Kredietwaardigheid

Ná die 2015-droogte gaan baie boere sukkel om bankbestuurders te oortuig dat hulle nog ’n kans verdien. Solvensie kan dalk voldoende wees, maar likiditeit pla. Die Suid-Afrikaanse fiskus is onder druk.

In die woorde van Gordhan is dit duidelik dat die koevertjies met kontant vir die begroting en onverwagte gebeure net eenvoudig te min het om in alle aansprake op hulp vanaf die fiskus te voorsien.

Graderings van buite is ’n funksie van die fiskus se betaalvermoë. Die waarde van die rand is ’n goeie barometer, want die daling dui reeds op ongunstige verdiskontering. Daar lê harde werk voor om finansierders te oortuig dat beide SA en baie boere nog ’n kans waardig is.

Ongunstige eksterne omstandighede

Goeie en aanhoudende reën is ’n voorvereiste vir die heropbou van die landbou ná die droogte. Gordhan het ’n yslike taak op sy skouers om groeimoontlikhede te identifiseer wat werklik ’n verskil kan maak.

Tans dui weervoorspellings wat die fiskus betref, nie op ’n goeie reënjaar nie. Groeiverwagtings is reeds afwaarts aangepas en die goeie inflasienuus van die afgelope tyd was maar soos ’n jaloersbui – dit dui op kol-kol reën. Buurmanne is word oorgeslaan. Die gebrek aan likiditeit kan vervolgens ook stremmend inwerk op voorbereiding vir die nuwe plantseisoen, ook wat die fiskus betref.

Geloofwaardigheid krisis

Daar is nie eenstemmigheid oor of Gordhan vertrou kan word met die tjekboek van die staat nie. Doelbewuste pogings op die hoogste vlak om sy geloofwaardheid te bewys, het ongekende afmetings aangeneem.

Tussendeur swoeg kommersiële landbou om ondersteuning vanaf veral die staat op alle vlakke verby praatkonferensies te kry. Die droogte, voedseltekorte, invoere van stapelvoedsel en hemelhoë kosinflasie dra nog nie voldoende gewig om onverwyld verreken te word in aksiestappe wat ’n verskil op grondvlak kan maak nie.

Rome brand en hulle speel viool! Dit is asof saakmakende leiers in die regering tevrede is met wat die oog nie kan sien nie. Die woorde van die afrigter van die 2016-Curriebekerkampioene van “val die oop spasies aan en ondersteun mekaar”, kan gerus ter harte geneem word.

Kosteknyptang

Plaaspryse styg minder as insette, met die gevolg dat boere net deur doeltreffendheid en verbeterde produksiemetodes volhoubaar kan bly. Gordhan bevind hom in dieselfde situasie.

Dit lyk egter of die staat se dilemma nie reg verstaan word nie en hieroor moet Gordhan die sweep klap.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!