Alle oë weer op Phillip Seidler en Heleni Stergiadis in Jetty Myl
Swem
Vir die twaalfde opeenvolgende jaar word die Pupkewitz Jetty Myl vanmiddag op Swakopmund aangebied.
Die hoofitem se wegspring is om 15:30 by Tiger Reef. Swemmers sal hul weg vind tot verby die Jetty en sal by die Mole klaarmaak. Die afstand is nagenoeg een seemyl (1.85 km).
Die organiseerders van die byeenkoms, OTB Sport, sê in 'n nuusverklaring: “Selfs indien die seetoestande aan die rowwe kant is, is dit onwaarskynlik dat die byeenkoms afgestel sal word. Deelnemers moet vir hulself kan oordeel of hulle in staat is om die seetoestande op die dag baas te raak. Dit sluit minderjariges in konsultasie en in ooreenstemming met hul ouers in.
“In die water moet deelnemers vir hulself kan sorg, want seeredding is baie beperk en hoe rowwer die toestande, hoe moeiliker (of meer onmoontlik) word 'n seereddingsoperasie.”
In die beter beskermde waters van die Mole word die Sprint-item oor 600 meter vandag om 16:30 afgehandel.
Om 17:00 is daar ook 'n Kiddies pretitem waarin kinders vergesel deur 'n ouer of 'n bekwame swemmer kan deelneem. Hulpmiddels om bo water te bly, word wel toegelaat.
Volgens OTB Sport word nagenoeg 250 deelnemers verwag, maar baie sal van die seetoestande op die dag afhang.
Die volslae gunsteling vir die Jetty Myl is die plaaslike Swakopmunder en vyfmalige wenner Phillip Seidler.
Seidler sê: “Die Pupkewitz Jetty Myl het my belangstelling in oopwaterswem aangewakker.
“As 'n groot liefhebber van branderplankry en iemand wat op internasionale vlak in oopwaterswem meeding, sal die oseaan altyd my speelplek wees. Ek geniet dit om my grense teen die wind, die seestrome en die gety te toets. Elke kompetisie is onvoorspelbaar.
“Vir my ideale Jetty Myl hoop ek vir 'n groot gety in my strewe om my vorige rekord te verbeter.
“Ek is tans aan die voorberei vir volgende jaar se 10 kilometer FINA oopwaterswem wêreldkampioenskap. Die Jetty Myl is 'n perfekte afsluiting om aan my versnelling te slyp.
“Ek is dankbaar teenoor OTB vir hul aanbieding van die Pupkewitz Jetty Myl. Ek sien uit na 'n wonderlike byeenkoms om nog 'n goeie swemjaar af te sluit.”
VROUERESIES
Aan die vrouekant sal alle oë weer op verlede jaar se wenner, Heleni Stergiadis, wees.
Die 16-jarige Windhoeker het twee jaar gelede aan haar eerste Jetty Myl deelgeneem en het die vroueresies in 2016 en 2017 gewen.
Stergiadis is bestem om Namibië volgende jaar onder meer in die CANA Sone 4-kampioenskap te verteenwoordig. Sy het ook vir die FINA junior wêreldkampioenskap in Boedapest in Augustus 2019 gekwalifiseer.
Sy het ook vir OTB Sport vir die moeite agter die skerms bedank en gesê: “Die Jetty Myl is altyd 'n baie opwindende en lekker byeenkoms. Ek hou baie van oopwaterswem en om die Pupkewitz Jetty Myl te swem. Dit help altyd indien jy vooraf oefen saam met Phillip Seidler en my pa (die swemafrigter Janis) asook saam met ander swemmers om daaraan gewoond te raak om in die see te swem.
“Ek geniet ook die kompetisie teen my swemvriende in 'n ander soort byeenkoms as die gewone.”
OTB Sport bedank die Pupkewitz Stigting vir sy ruimhartige borgskap oor die laaste 12 jare. Die voorste drie mans én vroue word met prysgeld van N$900, N$700 en N$600 beloon, benewens bykomende geldpryse in elke ouderdomsgroep.
Inligting oor die byeenkoms is op www.otbsport.com beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie