Alle paaie lei na Lu00fcderitz
Alle paaie lei na Lu00fcderitz

Alle paaie lei na Lüderitz

Binne die volgende twee maande sal twee groot geleenthede Lüderitz se ekonomie 'n groot hupstoot gee.

Eers vind die jaarlikse Kreeffees plaas en 'n week later sal sowat 400 Rotariërs van Angola, Suid-Afrika, Duitsland en die Verenigde State vir die jaarlikse konferensie op dié dorp bymekaarkom.

Dit sal die eerste keer wees dat ­Lüderitz se Rotariërs so 'n groot ­byeenkoms aanbied.

Mnr. Ulf Grünewald is aan die stuur van die beplanningskomitee en hy word deur die lede van die Rotariër-klub ondersteun.

Volgens hom is dit 'n uitdaging om so baie mense vir vier dae op ­Lüderitz te akkommodeer.

“Ons as Buchters moet ons beste voet voorsit omdat die geleentheid Lüderitz en Namibië as toeriste­aantreklikheid bekend sal stel.

“Akkommodasiegeriewe, winkels en besighede wat toeristeaktiwiteite aanbied, sal 'n toename in ­inkomste sien, maar hulle moenie van goeie ­kliëntediens vergeet nie. Dit kan mense lok om weer en vir langer terug te kom,” het hy gesê.

Rotariërs is gewone mense wat ­gesamentlik poog om hul gemeen­skappe op te hef.

Die organisasie is in 1905 gestig en tans is daar meer as 34 000 klubs in 200 lande wêreldwyd.

Vir administratiewe doeleindes trek Rotary International-klubs in ­distrikte saam en die distrik wat vanjaar se konferensie op Lüderitz aanbied, bestaan uit 59 Rotariër-klubs van Angola, Namibië en Suid-Afrika se Kaapprovinsie.

“Meer as die helfte van die mense wat die konferensie bywoon, maak gebruik van die geleentheid en bly langer om vakansie te hou,” het ­Grünewald gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!