Alle paaie lei na Outjo Wildsfees
Namibiërs gaan die naweek na een van die grootste feeste in die land opruk.
Francoise Steynberg - Die vere is reggeskud vir die 16de Outjo Wildsfees wat Vrydag en Saterdag by Sophienhof Lodge buite Outjo gaan plaasvind.
Die program is propvol vermaak en aktwiteite vir oud en jonk, soos onder meer die wildsveiling van Du Preez Wild, ‘n perdeskou, boeresport, skietkompetisie, babafoto-kompetisie, Mej. Cowgirl en Mnr. Cowboy-kompetisie (vir kinders van 3 tot vyf jaar oud), reuse-springkastele, ‘n meganiese bul, 100 stalletjies, voertuiguitstallings en nog baie meer.
“Waar anders as by die gewilde Outjo Wildsfees kan jy soveel bekende kunstenaars in een naweek in lewende lywe op die verhoog sien?” beklemtoon een van die organiseerders, Lizel Scholtz.
Jan Rhaap, Juan Boucher, Die Broers, Snotkop , Kevin Leo, Jo Foster, Jay, Caroline Grace, Pedro Kruger en Joe Black is van die bekendste Suid-Afrikaanse kunstenaars wat die naweek op die verhoog gaan wees.
“Joe Black kom met sy hele orkes om Namibiërs te vermaak wat omtrent ‘n belewenis gaan wees,” sê Scholtz.
Vrydag tree Jan Rhaap, Juan Boucher, Die Broers en Snotkop in die kuiertent op en Saterdag gaan Jo Foster, Jay, Caroline Grace en Joe Black die voete laat jeuk.
Plaaslike kunstenaars wat Namibiërs gaan trots maak, is Len en Joharetha Nel, Danie Prinsloo en Alida, Rias, Joann, Two Hats en Sky Productions met verskeie kunstenaars van sy musiekskool.
Die Outjo Wildsfees trek vanjaar ‘n splinternuwe baadjie aan en anders as vorige jare, bied die geleentheid vanjaar verskeie nuwe aktiwiteite en vermaak aan.
DIE GLASKAS
Die Glaskas, geborg deur Spar, is vanjaar ‘n nuwigheid wat feesgangers gaan verwelkom wat nie lus is vir die kuiertent nie.
In die Glaskas sal daar vier geleenthede tydens die feesdae plaasvind en kaartjies moet vooraf gekoop word:
Baarde & Vellies vind Vrydag vanaf 12:00 plaas met Rias wat die vermaak sal verskaf. Kom trek jou vellies aan, kam jou baard en kom kuier saam met vriende. Smul aan die skaapskop of skaapskenkel en kuier op brandewyn en konjak. Slegs 100 sitplekke is beskikbaar teen N$350 elk.
Plankie en Kurk vind Vrydag vanaf 17:00 plaas met Kevin Leo. Potjies waaraan gesmul kan word is kerrievarkskenkelpot, beesstertpot en skaapskenkelpot. Kaartjies kos N$250.
Denim & Diamonds vir Divas met Pedro Kruger vind Saterdag vanaf 08:30 plaas. Trek jou stewels en jannas aan en skom skitter met jou blinste klippies. Kaartjies kos N$250 en ‘n veiling sal ten bate van diabetes tipe 1 gehou word.
Wild & Wyn vind Saterdag om 18:00 plaas waar Beyers Truter van Beyerskloof gaan wys hoe wildsvleis met wyn trou. Die Broers sal vir vermaak sorg terwyl feesgangers kan smul aan kouevleise tydens die wynproe. 20 tafels met 10 sitplekke is teen N$3 000 ‘n tafel beskikbaar. ‘n Veiling sal ten bate van die Behoeftige Kinderfonds aangebied word.
Scholtz het bevestig dat as daar ‘n vertoning in Die Glaskas plaasivnd, vind daar niks in die kuiertent plaas nie om geraas te voorkom. Die Glaskas maak saans om 22:00 toe.
PERDESKOU
Een van die hoogtepunte is die perdebyeenkoms wat deur die Outjo Reitclub op albei feesdae oorkant Sophienhof Lodge aangebied word. Skouspring, hoogspring, boeresport en “fancy dress” deur ruiters en hul spogperde is onder meer op die program vir beide dae. Scholtz sê op dié perseel sal daar ook 17 stalletjies wees wat eetgoed insluit, asook ‘n biertent, skoon toiletgeriewe en sekuriteitsdienste.
Vir die meer avontuurlustiges is daar ‘n bergfietswedrenne en pretlope vir verskillende ouderdomme.
KAMPPLEKKE BESKIKBAAR
Volgens Scholtz is al die lodges en gastehuise in die omgewing reeds volbespreek, asook die tentedorp, maar kampeerplekke is nog beskikbaar. Die kampeerplek waar jy jou eie tent op ‘n ruimte van 9 m x 9 m groot kan opslaan en ‘n maksimum van ses mense kan slaap, kos vir die hele naweek N$1 500.
Namibiërs is dol oor hierdie fees en jaarliks woon ‘n geskatte 3 500 mense dit by. Organiseerders verwag vanjaar baie meer feesgangers.
Kaartjies vir die hele naweek kos N$280 vir hoërskoolleerlinge en volwassenes, N$100 vir pensioenarisse, N$130 vir laerskoolleerlinge en gratis vir voorskoolse kinders.
Vrydag se kaartjies kos N$150 vir volwassenes en hoërskoolleerlinge, N$70 vir laerskoolleerlinge en gratis vir voorskoolkinders en pensioenarisse.
Saterdag se kaartjies beloop N$180 vir volwassenes en hoërskoolleerlinge, N$90 vir laerskoolleerlinge, N$100 vir pensioenarisse en gratis vir voorskoolkinders.
Kaartjies is by computicket.net wat ook teenwoordig by die fees sal wees, en by die hekke beskikbaar.
Vir verdere navrae kontak die organiseerders, Lizel Scholtz by 081 354 8118 of [email protected] en Carina van Vuuren by 081 124 9011 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie