Alle padwerke op dreef, su00ea Lutombi
Alle padwerke op dreef, su00ea Lutombi

Alle padwerke op dreef, sê Lutombi

Die RA-hoof sê enige uitstaande fakture sal vandeesweek vereffen­ word.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Paaieowerheid (RA) het be­weringe ontken dat van die groot padwerke tans aan die gang, as gevolg van laat betalings opgeskort of vertraag is.

Vroeër is berig die bouwerk aan die eerste fase van die oostelike verbypad na die Internasional Lughawe Hosea Kutako sou vanaf 11 November vertraag word nadat die gesamentlike onderneming tussen die China Railway Seventh Group en Onama­gongwa die RA kennis gegee het dat werk opgeskort sou word.

Lutombi het Vrydag gesê ''n vergadering wat met die kontrakteurs belê is, het die dreigende opskorting afgeweer.

Dit is ook berig dat Aveng Grinacker­ –LTA (Namibia) wat die eerste fase van die dubbele rybaan tussen Windhoek en Okahandja bou, reeds in Oktober sy verskaffers in kennis gestel het daar sou onverwagse vertragings in uitbetalings wees omdat die RA nie sy fakture stiptelik betaal het nie.

Inteendeel, het Lutombi Vrydag gesê, Aveng Grinacker betaal tans ''n boete van N$20 000 per dag – N$2,4 miljoen tot op hede – omdat dit agter is met werk wat reeds in Julie voltooi moes wees.

Lutombi het gesê Aveng Grinacker­ is laat met die voltooiing van die werk, glo oor wanprestasie en nie oor die opskorting van werk op die projek aan die begin van die jaar toe die RA versuim het om stiptelik meer as N$24 miljoen aan die kontrakteur te betaal nie.

Lutombi het ook ontken dat die gesamentlike vennootskap tussen die Namibiese Otesa Civil Engineering en die Italiaanse C.M.C Ravenna gedreig het om werk op die tweede fase van die Windhoek-Okahandja-pad op te skort, ook oor beweerde laat betalings.

Hy het gesê dié fase ervaar geen tekorte aan finansiering nie, danksy die N$400 miljoen-lening van die Duitse bank kfW.

Bronne het vroeër aan Republikein gesê dat werk op die tweede fase moontlik vanaf 2 Desember tot Maart volgende jaar opgeskort kon word as die kontrakteurs nie betyds betaal sou word nie.

Lutombi het gesê werk op dié projek sal onversteurd voortgaan.

Hy het wel erken daar was laat betalings vóór die halfjaar-begrotingshersiening in Oktober.

Lutombi het gesê die meeste uitstaande fakture sal vandeesweek vereffen word.

“Ons sal in staat wees om ons beplande projekte vir die huidige en die volgende boekjaar te voltooi. Ons is tans besig om voldoende voorsiening te maak vir ons begroting om in die volgende boekjaar voort te gaan,” het Lutombi gesê.

Die RA het 16 padprojekte vir die huidige boekjaar beplan; vyf hiervan is voltooi en drie sal in die volgende boekjaar klaargemaak word.

Lutombi het ontken dat die Chinese kontrakteur ZhonMei, wat met die Paaiekonstrakteursmaatskappy (RCC) aan die pad tussen Hentiesbaai en Uis bou, gedreig het om die werk te stop.

“Wat ons betref, vorder die werk daar goed,” het Lutombi gesê.



HARAMBEE-PAAIE

Die RA-hoof het erken daar is nie vir die beplande pad van Uis na Kamanjab begroot nie, soos die minister van finansies mnr. Calle Schlettwein, vroeër gesê het.

Lutombi het gesê dié pad word steeds beplan. Inteendeel, het hy bygevoeg, is dit ''n prioriteit onder die Harambee-welvaartplan omdat dit ''n belangrike skakel van die Trans-Kunene-­korridor gaan wees wat die kus met die suide van Angola gaan koppel. Hy het gesê die RA is tans besig met ''n gedetailleerde ontwerp vir die Uis-Kamanjab-pad. ''n Kontrakteur is nog nie aangestel nie.

Projekte wat onder die Harambee-prioriteite val, sluit in die Hosea Kutako-­pad, Windhoek-Okahandja-­pad, paaie tussen Omuthiya en Oshakati, Swakopmund en Hentiesbaai en uiteindelik die pad tussen Uis en Kamanjab.

Ook onder die prioriteite is die ­uitbreiding en opknapping van die pad tussen Swakopmund en Karibib wat ''n belangrike skakel is vir die Trans-Kalahari-korridor, het Lutombi gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer