Alle staatswerkers kan nou na private hospitale
Alle staatswerkers kan nou na private hospitale

Alle staatswerkers kan nou na private hospitale

Suid-Afrika se mediese fonds vir staatsamptenare stel volgende jaar op sy goedkoopste opsie ’n netwerk van private hospitale beskikbaar waarvan lede gebruik kan maak.
Nellie Brand-Jonker – Staatsamptenare wat dit voorheen nie kon bekostig nie, gaan volgende jaar toegang tot private hospitale kry.

Gems, die mediese fonds vir staatsamptenare, stel volgende jaar op sy goedkoopste opsie ’n netwerk van private hospitale beskikbaar waarvan lede gebruik kan maak.

Die opsie, wat tot dusver Sapphire genoem is, se naam verander volgende jaar na Tanzanite One.

Volgens dr. Stan Moloabi, bedryfshoof van Gems, is dit een van die grootste voordeelveranderings wat Gems vir 2020 aangekondig het, naamlik dat dié opsie se lede toegang tot private hospitale kry.

Tot dusver moes dié lede na staatshospitale gaan. Die beperking tot staatshospitale is reeds vanjaar effens uitgebrei toe sowat 20 soorte opnames in private hospitale gedek is.

Die nuwe netwerkopsie wat Sapphire vervang, kom ná konsultasie met die bedingingsraad vir die openbare sektor (PSCBC) om ’n opsie spesifiek vir mense te ontwikkel wat op die staat se onderste salarisskale (1 tot 5) val.

Staatsamptenare op dié salarisskale verdien tipies tussen R8 000 tot R15 000 per maand.

Die staat subsidieer die premie van staatsamptenare op Sapphire reeds volledig as hulle in dié salarisskale val, maar Gems het gesukkel om baie meer mense te oortuig om lid van die opsie te word.

Moloabi het gesê hulle glo die veranderinge sal die opsie aanlokliker vir staatsamptenare maak.

Volgens Moloabi het die opsie ’n pakket van minimum voordele wat soortgelyk is aan dit wat bespreek word vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

’n Nuwe netwerk van private hospitale sal van volgende jaar af geld vir Tanzanite en vir die opsie Emerald Value.

Volgens dr. Vuyokazi Gqola, hoofbeampte van gesondheidsorg, was die doel met die nuwe netwerk om gehalte van sorg en redelike toegang tot sorg te verhoog.

Private hospitaalgroepe is vroeër vanjaar genooi om vir die netwerk te tender.

Die hospitale wat in die netwerk ingesluit is, het die beste waarde aangebied ten opsigte van gehalte en koste, sê Gqola.

Die hoofverskaffers wat gekies is, is Netcare, Mediclinic, Clinix en Lenmed. Al hul hospitale val in die netwerk.

Hospitale van Life Healthcare en die National Hospital Netwerk (NHN) sal gebruik word in die gebiede waar die hoofverskaffers nie hospitale het nie.

Die netwerk maak ook vir bemagtigingsdoelstellings gebruik van hospitale met swart eienaars en hospitale wat voorheen benadeelde gebiede bedien.

Volgens haar sal die lys van hospitale op die netwerk wat lede moet gebruik voor die einde van die jaar op Gems se webwerf beskikbaar wees.

Daar is tans 167 000 lewens wat deur Sapphire gedek word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!