Allerlei skryfbehoeftes onder een dak
Allerlei skryfbehoeftes onder een dak

Allerlei skryfbehoeftes onder een dak

Gerine Hoff
Tanja Bause - Mnr. Dieter Neumann en twee werknemers het Northern Stationers in 2001 op Tsumeb begin.
Vandag voorsien hy werk aan 11 mense en sedert 2006 spog hulle ook met ’n tak op Grootfontein.
Die maatskappy is een van die grootste onafhanklike voorsieners van skryfbehoeftes buite Windhoek. Dit bedien die hele noorde van die land met kliënte uit verskeie dorpe wat skakel om bestellings te plaas waarna dit deur Northern Stationers verpak en versend word.
By die winkels is daar ’n wye verskeidenheid kleurvolle en onder meer besonderse papier en linte om handgemaakte kaartjies en plakboeke te versier. Neumann reis een maal per jaar na Suid-Afrika om die jongste neigings in terme van versieringsprodukte te koop.
By Northern Stationers is al die bekende handelsname in skryfbehoeftes beskikbaar en dit wat hulle nie in voorraad het nie, kan bestel word. Die meeste van die produkte word direk van Suid-Afrika ingevoer, wat die middelman uitsny en dus ’n voordelige invloed op pryse het.
Nog ’n spesiale diens wat Northern Stations aan kliënte, veral plaasboere, lewer, is ’n vakkie onder die toonbank waar elke dag se koerante gebêre word. Die kliënt kom haal sy koerante een keer ’n week wanneer hy in die dorp is en vereffen sy rekening aan die einde van die maand.
Op die oomblik word die maatskappy se rekenaarstelsels opgegradeer wat sal meebring dat kliënte in die toekoms hul rekeninge en kwotasies vinniger sal ontvang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!