Alles is op die spel in Nederlandse verkiesings
Nederlanders gaan vandag na die stembus in 'n verkiesing wat grootliks oorskadu is deur 'n woedende uitbarsting met Turkye.
Heelwat van die 12,9 miljoen stemgeregtigde kiesers was op die vooraand van Nederland se verkiesings nog onseker vir wie van die 28 deelnemende politieke partye om te stem.
Die uittredende eerste minister, Mark Rutte, en sy Liberale VVD-party was in die jongste meningspeilings met 'n kortkop voor en daar is voorspel dat die party tussen 24 en 28 setels in die 150 setel-parlement kon wen.
Hy staar egter ernstige mededinging van die Vryheidsparty van sy verregse anti-Islam teenstander, Geert Wilders, in die gesig wat na verwagting tussen 20 en 24 setels kan inpalm.
Wilders het in sy partymanifes onderneem om die land se grense vir Moslem-immigrante te sluit, moskees te sluit en die verkoop van die Koran te verbied.
Rutte, wat vir 'n derde termyn staan, het tydens sy verkiesingsveldtog gewys op die welslae van die afgelope ses jaar onder sy premierskap, wat gekenmerk is deur ekonomiese groei en die noodsaaklikheid van stabiliteit vir die land se 17 miljoen mense.
'n Diplomatieke twis met Turkye, wat tot die opskorting van 400 jaar oue bande met Nederland gelei het, kan 'n groot invloed by die stembus hê.
“Jy word deur Erdogan gyselaar gehou. Sluit Nederland se grense,” het Wilders vir Rutte tydens Maandagaand se debat toegesnou.
Die diplomatieke krisis het ontstaan toe die Nederlandse regering Turkse ministers verbied het om die naweek tydens 'n pro-Ankara openbare vergadering in Rotterdam te praat. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie