Alles nuut en anders skitter by ou looiery
Karin Eloff - Net buite Windhoek lei ’n stowwerige plaaspad naby Elisenheim jou na een van Namibië se onontginde juwele – die Tannery.
Skielik bevind jy jouself voor ’n ou skuur vol stalletjies, mense, honde, kinders, drawwers en hipsters. Hierdie plek is funky en duidelik bewus van die nuutste neigings in ’n outentieke leefstyl.
Saskia Botha, die Tannery se organiseerder en bemarker, sê die perseel was eers ’n leerlooiery wat bekend gestaan het as Namibia Tannery.
Dié naam is steeds op die perseel se hek te sien.
“’n Plaaslike Itliaanse familie het die leerlooiery in die 1970’s begin en het dit vir ’n geruime tyd suksesvol bestuur tot hulle besluit het om die perseel en geboue te verkoop,” vertel sy.
Die grond het uiteindelik in die huidige eienaars se hande beland, wat die moontlikhede wat die perseel en gebou ingehou het, raakgesien het.
Hulle het besluit het om die ligging en historiese waarde van die ou, karaktervolle gebou aan te wend om iets uniek op die been te bring.
“Die besluit is geneem om ’n mark met ’n unieke atmosfeer en aanbieding tot stand te bring. Die idee was om ’n plek te skep waar familie en vriende in ’n vrolike atmosfeer kan saam eet, drink en kuier oor ontbyt en middagete, terwyl hul kinders veilig kan speel. En terselfdertyd word interessante produkte aangebied,” sê Saskia.
Die Tannery word deur Namibiers besit en dis vir Saskia ’n vreugde om oggendmarkies, troues, jaareindfunksies en enige ander soort funksie te reël wat mense daar wil hou.
Sy sê sy’t ’n passie vir uitsonderlike kos en skeppende mense, en probeer juis seker maak dat andersoortigheid by die Tannery se markies blootstelling kry.
Een jaar oud
Eerskomende Saterdag is dié unieke saamkomplek ’n jaar oud en gaan groot makietie gehou word.
“Ons beplan ’n groter mark as gewoonlik met meer as 20 stalletjies wat wissel van plaaslike artisan-disse, Italiaanse pizza en Indonesiese lekkernye en roomys, tot handgemaakte oorbelle, leerskoene en lekker aktiwiteite vir die kinders. Buiten die gewone 5 km-pretloop voeg ons nou ook ’n 10 km-roete vir drawwers en 19 km vir bergfietsentoesiaste by. Vir hierdie roetes bedank ons Elisenheim-landgoed vir hul samewerking en vennootskap,” sê Saskia.
Maar dié vieringe is nie waar planne vir die Tannery stop nie. Volgens Saskia lê die Tannery die organiseerders en eienaars baie na aan die hart.
“Ons wil baie graag iets vir Windhoek skep wat tans na ons mening nog nie bestaan nie – ‘n unieke familiemark wat almal verwelkom met opgewekte musiek en 'n lekker atmosfeer. Ons het ’n passie vir ’n gesonde leefstyl en die buitelewe, so ons wil aktiwiteite aanbied wat gesinne en vriende saam kan geniet, en waarná hulle ’n heerlike koffie of bier saam kan drink,” sê sy.
Wat die Tannery uniek maak, is dat dit besig is om ’n leefstylmark te word vir almal wat die nuutste neigings in leeftyl omarm.
Hulle verkies om topprodukte te bemark wat eg Namibies is, en anders as die alledaagse is.
“Ons hoop om ook vervaardigers te verwelkom en hulle die ruimte te bied om hul kuns te beoefen. Vervaardigers van unieke produkte wat op soek is na blootstelling, is welkom om ons te kontak,” sê sy.
Verder, lap Saskia uit, is daar planne vir ’n unieke residensiële ontwikkeling in die toekoms met ’n klein kommersiële komponent wat van nut sal wees vir entrepreneurs wat hulself wil vestig.
Die Tannery-gebou en -mark sal steeds die sentrale fokus van die ontwikkeling wees, met ’n plein voor die gebou vol bome en skaduwee om lafenis op Namibië se snikhete dae te bied.
Maar dis nie net marksnuffelaars, drawwers en gesinne wat hier uithang nie, die ou gebou het verlede jaar ook al
verskeie groot banke se toekenningsfunksies aangebied, verskeie besighede se jaareindfunksies, asook verjaarsdae.
Chris Chameleon en Daniella Deysel het ook al hier konsert kom hou.
Vir atlete is ’n tweekamp (fietsry en draf) verlede jaar gehou en deelnemers het dit baie geniet, vertel Saskia.
“Ons beoog om dit vanjaar weer aan te bied,” sê sy.
Pretdrawwers of -stappers van alle ouderdomme kom geniet hulself by die Tannery. Dié pretgeleenthede vir gesondheidsbewustes lok tans so tussen en 40 en 120 mens op ’m slag, maar as jy honde en babas in stootwaentjies byvoeg, is dit sommer heelwat meer.
Die 5 km- en 10 km-opsies deur die koppe om Elisenheim is op afgesonderde paaie waar geen motors toegelaat word nie – die ideale plek om jou kop skoon te kry en van die week se sorge te vergeet.
Fietsryers kan ’n uitdagende 19 km-bergfietsroete, wat by die Tannery begin en eindig, aanpak.
Die Tannery se markie vind op die eerste Saterdag van elke maand van 09:00 tot 15:00 plaas en kry tussen 600 en 1 000 besoekers.
“En ons belowe daar sal altyd warm koffie en koue bier by die eindstreep wees!” sê Saskia.
Belangstellendes wat funksies hier wil hou, van troues en korporatiewe dinees tot verjaarsdae, kan Saskia Botha by [email protected] of 081 853 8242 kontak.
Gaste kan in ’n unieke atmosfeer ontspan en hulself geniet.
Besoek www.tannery.com.na, of die Tannery se Facebook- en Instagram-blad vir meer inligting.
“Ons wens is dat die kreatiwiteit en kundigheid van sjefs, kunstenaars en vervaardigers van handgemaakte, Namibiese produkte hier ’n platform sal kry waar meer mense van hulle sal kennis neem en hul handewerk sal waardeer.
“Daarom sien ons onsself as ’n skakel tussen die mark en mense wat na iets anders op soek is.
“As ons mense met artisan-kos en unieke produkte kan bederf, bereik ons die Tannery se doel. Kom honger, dors en met ’n groot glimlag!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie