Alles op dreef, sê ECN
Die polisiehoof meen politieke instellings moet hul lede aanspreeklik hou.
Denver Kisting – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) beskik nie oor die mandaat om 25 November as ’n vakansiedag te verklaar nie.
So sê mnr. Theo Mujoro, die hoofkiesbeampte van die ECN. Daardie besluit berus by die staatshoof, pres. Hage Geingob.
Daarnaas kan die nasionale kiesliggaam nie pa staan vir die reis- en verblyfskoste van politieke partye, organisasies, verenigings en onafhanklike kandidate wat na Suid-Afrika wil reis om waak te hou oor die druk van stembriewe in Durban nie, sê hy.
Dit kom nadat daar gister uit opposisiegeledere klagtes was dat alle partye “nie Fishrot-geld het” om dié reis op eie onkoste mee te maak nie.
Op ’n vraag van die sekretaris-generaal (SG) van Swapo, me. Sophia Shaningwa, het Mujoro gesê die kieswet maak voorsiening vir bygestaande stemmery sou ’n kieser nie van die hulp van ’n stembeampte wou gebruik maak nie.
Shaningwa wou weet wat staan gesiggestremde en ongeletterde kiesers te doen wat nie gemaklik daarmee voel dat ’n ECN-beampte namens hulle stem nie.
Die Swapo-SG het terselfdertyd gisteroggend tydens ’n beraadslagingsessie te velde getrek teen sommige stempunte wat verlede jaar tydens die presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings later as 07:00 oopgemaak het.
’n Vertraging van ’n halfuur of “’n uur of so” regverdig volgens adv. Notemba Tjipueja, die voorsitter van die ECN, nie ’n verlenging van die stemtyd nie. “Behalwe as daar uitsonderlike omstandighede is, sal stemure nie verleng word nie.”
Boonop word die amptelike stemtyd van tussen 07:00 en 21:00 ook deur die kieswet voorgeskryf, het Mujoro gesê.
Hy het ook gesê vertragings was nie die gevolg van beamptes wat laat was nie, maar het te doen gehad met “tegniese en logistieke uitdagings”.
Met die terugkeer na tradisionele stembriewe in vanjaar se streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings behoort die meeste tegnologiese uitdagings uit die weg geruim te wees, het Mujoro gesê.
Ondanks beweringe van onregmatige registrasies tydens die onlangse aanvullende registrasieproses, is geen teenkanting ontvang wat die voorlopige kiesersrol betref nie, het Mujoro voorts gesê.
Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het op sy beurt gesê die polisie sal ook in Durban die stembriewe se drukproses gaan waarneem, uiteindelik die besending lughawe toe vergesel en in Windhoek die besending na die eindbestemming toe neem.
Wat beweerde voorvalle van intimidasie in aanloop tot die verkiesings betref, het hy toegegee die polisie is nie by magte om elke liewe aantyging te ondersoek nie.
Maar, het hy gesê, politieke partye het ook ’n verantwoordelikheid om toe te sien hul lede gee gehoor aan die gedragskode waaraan almal moet voldoen voor, tydens en ná verkiesings.
Tjipueja het erken die huidige gedragskode moet bygewerk word omdat dit verouderd is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie