‘Alles word bedreig’
Die Omba-galery stel met trots Under Threat bekend.
Dit stel die werke van Leonard Abrahams, ’n Namibies-Kreoolse kunstenaar, ten toon. Die uitstalling open amptelik vandag.
Die woord threat word in die Engelse woordeboeke omskryf as die identifikasie of persepsie van iemand of iets wat waarskynlik skade kan aanrig.
En dit is presies hoe Abrahams die onderwerpe van sy skilderye beskou: 'n Leeu en sy welpie, die pragtige Christus Kirche in Windhoek as 'n simbool van die Christendom, beeste wat die laaste spore van menslike oorlewing en beskawing dra, 'n eensame San-man, voete wat in stofwolke verdwyn, 'n vrou met hout in moderne klere, asook ons tydelike bestaan.
"Alles word bedreig," sê hy.
"Soos ons leef, word ons ook voortdurend bedreig."
Deur die visuele aanbieding van beelde op doek, wat vir die meeste Namibiërs bekend is, druk Abrahams ook sy estetiese waardes uit en dít wat volgens hom beskerming vereis.
Onder meer sy bekommernisse oor die omgewing, politiek, die welsyn van mense en hul lewenstyl word aangespreek.
Abrahams se werke is letterlike voorstellings met subtiele boodskappe, nie abstrak of ornamenteel nie, maar tegnies uiters bekwaam vir 'n kunstenaar met geen formele opleiding nie.
Oor die kunstenaar
'n Rooms-Katolieke non by die Marianum Seminarium in Stampriet, Suid-Namibië, het Abrahams se potensiaal die eerste keer raakgesien en het hom aangemoedig om te teken.
Dit was in die vroeë 1960's toe die politieke landskap in Suider-Afrika vinnig verander het. 'n Paar honderd kilometer verder suid van die Oranjerivier was wit oppergesag en apartheid in Suid-Afrika aan die toeneem.
Abrahams is van gemengde afkoms met ’n arm, werkersklas agtergrond wat onderrig as 'n voorreg beskou het en as die enigste manier om van 'n leeftyd van armoede te ontsnap.
Dit het daartoe gelei dat hy hoërskool verlaat het, en in 'n toenemend gemilitariseerde Namibië onder ’n Suid-Afrikaanse apartheidregering, was sy opsies beperk tot regte, medisyne, onderwys en verpleegkunde.
Die idee om kuns te studeer is uitgeskakel deur die dringende en onmiddellike behoeftes van sy uitgebreide familie.
In 1981 het die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) Abrahams aanvaar om vir ’n BA-graad met regsvakke in te skryf.
In 1985 het hy gekies om homself in rekeningkunde te bekwaam en het vir die volgende paar jaar as rekenmeester by verskeie maatskappye in Windhoek gewerk.
Sy behoefte om te teken en te verf het hom egter nooit verlaat nie.
Abrahams het ‘n belofte aan homself gemaak dat as hy eendag aftree, hy die res van sy bestaan aan kuns sou wy.
Under Threat duur tot 23 Maart by die Omba-galery.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie