• Tuisblad
  • Sport
  • Allister hou beginspan vir moet-wen teen Madagaskar
Allister hou beginspan vir moet-wen teen Madagaskar
Allister hou beginspan vir moet-wen teen Madagaskar

Allister hou beginspan vir moet-wen teen Madagaskar

Rugby
Andrew Poolman
Afrigter Allister Coetzee het net een gedwonge verandering aangebring aan die Namibiese rugbyspan wat Woensdagaand in Abidjan die land se Wêreldbeker-veldtog na Frankryk 2023 moet red.

Met die weinig toetservaring van die spelers op sy reserwebank het Coetzee min keuse gehad as om die groep wat laas naweek teen Ivoorkus geen ligapunt kon behaal nie, die kans te gee om sake reg te stel deur met Madagaskar af te reken.

Twee uit die drie spanne moet vorder na volgende jaar se Rugby Afrika Top 8 (in 'n uitkloptoernooi van kwarteind-, halfeind- en eindstryd), terwyl een land se Wêreldbeker-droom vandeesweek begrawe word. Ivoorkus en Madagaskar takel mekaar komende Sondag.

Die flank van FNB Unam, Cameron Langenhoven, het laas naweek ondanks las van 'n dyspier sy toetsdebuut van die bank af gemaak. Vir die Madagaskar-wedstryd is Johan Luttig van FNB Grootfontein intussen ingevlieg om hom te vervang in die enigste verandering aan die wedstrydgroep.

Woensdag se afskoptyd is opnuut 16:00 (Namibiese tyd 18:00) en die wedstryd behoort weer deur Rugby Afrika op sy Facebook-blad gebeeldsend te word.

Die Namibiese span:
15 Johann Tromp, 14 Oderich Mouton, 13 Lesley Klim (onderkaptein), 12 Peter-John Walters, 11 Gino Wilson, 10 Helarius Kisting, 9 Riaan van Zyl, 8 Adriaan Booysen, 7 Max Katjijeko, 6 Prince !Gaoseb, 5 Ruan Ludick, 4 Pieter-Jan van Lill (kaptein), 3 Nelius Theron, 2 Obert Nortje, 1 André Rademeyer.
Reserwes: 16 Gerhard Thirion, 17 Jason Benade, 18 Simon Kanime, 19 Johan Retief, 20 Johan Luttig, 21 Hanreco van Zyl, 22 Ethan Beukes, 23 Ricardo Swartz.

• Namibië se rekord in vorige toetse teen Madagaskar:

15 Junie 2002 in WINDHOEK (CAR en WB-kwalifisering)
WEN 112-0 (Corné Powell kaptein, David Waterston afrigter)

01 Oktober 2005 in WINDHOEK (CAR)
WEN 55-17 (Heino Senekal kaptein, Christo Alexander afrigter)

08 Julie 2012 in ANTANANARIVO (CAR en WB-kwalifisering)
VERLOOR 57-54 in ekstra tyd (PJ van Lill kaptein, Danie Vermeulen afrigter)

06 Julie 2014 in ANTANANARIVO (CAR en WB-kwalifisering)
WEN 89-10 (Rohan Kitshoff kaptein, Danie Vermeulen afrigter)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!