Allister, Tjiuee sê oor besluit om Afrikabeker in Frankryk te hou
Rugby
Brenden Nel – Rugby Afrika het 'n gulde geleentheid verspeel om rugby op die vasteland te bevorder deur sy besluit om die kwalifiserende toernooi vir die 2023-Wêreldbekertoernooi in Frankryk aan te bied.
Só sê die voormalige Springbokafrigter Allister Coetzee, wat deesdae die afrigter van Namibië is.
Namibië is nou weens dié besluit gedwing om sy Afrikabeker-titel in Julie volgende jaar in Frankryk te gaan verdedig om vir die Wêreldbeker-skouspel te kan kwalifiseer.
Die besluit het weer onmin tussen rugbylande in Afrika veroorsaak nadat Rugby Afrika Frankryk se bod gesteun het om 2023 se WB-toernooi aan te bied.
Daar is al lankal ontevredenheid daaroor dat Rugby Afrika se voorsitter, Khaled Babbou van Tunisië, teen Suid-Afrika se 2023-bod gestem het.
Babbou het daarna ook teen sy raad se wens in teen Agustin Pichot gestem as visepresident van Wêreldrugby, met Frankryk se Bernard Laporte wat die verkiesing gewen het.
Terwyl rugby op die vasteland nog sukkel, is daar 'n duidelike skeiding tussen die Franssprekende lande en die res.
Daar is selfs nou 'n petisie begin om Wêreldrugby te vra om in te gryp, maar met Laporte as visepresident is dit onwaarskynlik dat daar iets van sal kom.
“Dis baie belangrik dat hierdie soort toernooie in Afrika gespeel word, dit maak nie saak op watter grondslag nie – weg of tuis, of in toernooi-formaat,” het Coetzee aan Rapport gesê.
“Dink net daaraan . . . sal enige sokkertoernooi na Europa toe gevat word? Sou 'n Europese sokkerkompetisie – of enige sportbyeenkoms – in Afrika gehou word? Dis duidelik dat daar nie eenheid in rugby in Afrika is nie.”
Coetzee sê die enigste klein positiewe aspek is dat die lande 'n voorsmakie gaan kry van die Franse toestande voor die WB.
UANIVI WYS OP SUBTIELE FAKTORE
Die Namibiese slot Tjiuee Uanivi, wat hoop om in sy derde opeenvolgende Wêreldbeker te speel, het aan Republikein se Andrew Poolman gesê daar is voordele en nadele aan die besluit om die uitduntoernooi in Frankryk te hou.
Uanivi, wat sy toetsdebuut in 2014 gemaak het, het sedert daardie tyd reeds vir verskeie klubs in Frankryk gespeel.
Hy sê: “'n Kwalifiserende toernooi waar al die spanne op een plek byeen is, is op sigself soos 'n mini-Wêreldbeker, waar ons span vir 'n tydperk van 'n paar weke in dieselfde hotel byeen is.
“Indien ons weer die Afrika-kwalifiseerder is, sal hierdie toernooi 'n gevoel gee van al die klein dingetjies waarby 'n mens moes aanpas, vir diegene wat nie met Frankryk vertroud is nie. Byvoorbeeld die kos, en die weer.
“Potensiële nadele is dat jy vir drie weke of so weg van die huis moet wees, wat nogal sielkundig uitdagend kan wees.
“Die Franse taal en die Franse skeidsregters se verskillende interpretasie van die reëls beteken dat die afrigterspanne vooraf 'n studie hiervan sal moet maak om daarby aan te pas.
“Nog 'n nadeel kan wees dat die weersomstandighede jou planne kan verander. Dit is gewoonlik bedompige of nat weer – en met soveel op die spel vir spanne wat vir die Wêreldbeker wil kwalifiseer, wil jy nie noodwendig aanpassings maak aan die speelstyl wat jou span normaalweg sou verkies het nie.”
Namibië se pad na kwalifikasie sal wees om eerste met Burkina Faso af te reken, wat vanjaar in twee wedstryde in Zimbabwe met meer as 100 en meer as 90 punte verslaan is.
Die semifinaal sal veel strawwer wees, teen óf Zimbabwe óf Ivoorkus. Indien Kenia soos verwag verby Uganda en Senegal/Algerië tot in die finaal vorder, sal dit 'n herhaling van die laaste klompie jare se patroon wees.
– Bygewerk van Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie