'Almal het nie Einstein se brein nie'
'Almal het nie Einstein se brein nie'

'Almal het nie Einstein se brein nie'

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF: Ek het vanoggend op ’n advertensie gereageer wat op sosiale media die rondte doen. Ek bel Namcol Windhoek, maar geen antwoord nie, en as hulle antwoord, kan hulle nie vrae beantwoord nie, dus was ek maar ordentlik genoeg en bel ’n buitedorp met my vrae.

Tot my skok ontdek ek dat Namcol nie meer graad 10 aanbied nie, net graad 11.

So drie jaar gelede wou niemand help om graad 10 te vat as ’n kind dit nie ten minste by ’n skool probeer het nie, en vandag is daar nie meer ’n graad 10 nie.

Waaroor ek glo baie mense vrae het, en niemand weet meer wat om te sê nie: As daar nie meer klasse aangebied word nie, hoe op hierdie aarde gaan kinders Physical Science en veral wiskunde doen en verstaan? Wow!

Is dit dalk hoekom ons kinders op strate en dalk in tronke beland, omdat hulle hulp soek en vra, maar dit nie kan kry nie?

Almal het nie Einstein se brein nie, so die wat nou jare terug ’n gemors van hulle lewens gemaak het, deur alle hel gegaan het en nou die regte pad wil stap, moet maar net bly waar hulle is, want die geleerde en suksesvolle mense wil nie hand uitreik om hulle te help opstaan nie? Die kinders en grootmense wat ouers is en ’n eerlike bestaan wil voer, moet maar net hul opvoeding laat vaar?

Geen werk wil eers kyk na jou CV nie, want jy het geen geleerdheid nie.

In watse skande is ons land nie gedompel nie!

Ons “copy en paste” so graag vir Suid-Afrika. Kan daar nie dalk van die onderwysers wat ’n roeping het om te help en nie geld soek vir die geringste om eendag erken te wil wees, net iewers in elke dorp of so aandklasse aanbied nie? Om gesien te wil wees, is een ding, maar om ’n verskil in iemand se lewe te maak en by te dra tot ’n sukses, is iets anders.

Almal kan nie self studeer en verstaan nie, of is dit hoe ons onderwysers hul poste gekry het?

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!