Almal moes swyg oor Tullamore se dood
Almal moes swyg oor Tullamore se dood

Almal moes swyg oor Tullamore se dood

Des Erasmus
Des Erasmus - Die dood van Tullamore, die laaste oorlewende van die beroemde vyf leeus van die bekroonde dokumentêre fliek The Vanishing Kings, was langer as twee maande een van die besbewaarde geheime van die Namibiese velde.

In die noordweste van Kaokoland, veral in die Okongue-omgewing, was dit bekend, maar ’n vertrouensooreenkoms tussen betrokkenes het die swye bewaar.

Vrydagoggend ná die onthullende berig in Republikein oor die dood van die laaste lid van die beroemde Five Musketeers was daar steeds heftige ontkennings, gevolg deur trae bevestigings uit die belanghebbende kommunale gebied, met bewerings dat die ministerie van die omgewing en toerisme in die geheimhouding gedeel het.

‘n Moontlike rede vir die swye kan die uitgerekte ondersoek na die teregstelling van vier leeus wees of ‘n voeteslepery oor die moontlike internasionale reaksie omdat The Vanishing Kings wêreldwyd bekroon is.

Tullamore se dood is volgens bevestigde berigte wél by die ministerie van die omgewing en toerisme aangemeld. Hy was ‘n nekbanddraer met die laaste sein wat op 7 April ontvang is. Die nekband is blykbaar verbrand.

Botsende redes vir sy dood word steeds verskaf. Een is dat drie skote op Tullamore gevuur is in ‘n bewaringsgebied waar die wapens neergelê moes word. ’n Ander is dat hy nie geskiet is nie, maar vergiftig is in ‘n voorval waarin ook sy wyfie en twee welpies van drie maande oud dood is. Sodanige vergiftiging word ook nie toegelaat nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!