Almal moet korrupsie bekamp
Die hoof van die Teenkorrupsiekommissie sê korrupsiesake neem lank om af te handel, en korrupsie laat lang termyn letsels agter.
Augetto Graig
Me. Anne Madzara, die adjunkverteenwoordiger in Namibië vir die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP), het verlede week op Internasionale Teenkorrupsiedag gesê korrupsie kos ekonomieë wêreldwyd N$2,6 triljoen per jaar.
In ’n toespraak wat sy namens mnr. Sen Pang, die VN se verteenwoordiger in Namibië, gelewer het, het sy gesê 9 Desember word sedert 2003 gevier en Namibië het die VN-konfensie teen korrupsie aangeneem nog voor die wêreld dit einde 2005 begin toepas het. Vanjaar se tema was “Jou reg, jou rol: Sê nee vir korrupsie”.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) in Namibië is ingevolge artikel 2 van die Wet op Teenkorrupsie 8 van 2003 gestig en op 1 Februarie 2006 deur oudpresident Hifikepunye Pohamba ingewy.
Die kommissie se nuutste plan van aksie vir 2021-’25 word deur die VN se organisasie teen dwelms en misdaad ondersteun, sê sy.
“Ons het ’n projek wat ’n geïntegreerde benadering tot proaktiewe bestuur van mense-diere-konflik en wildmisdaad in teikengebiede in Namibië volg wat in die Etosha Nasionale Park, Kunenestreek, Bwabwata-Mudumu Nasionale Park en betrokke bewaringsgebiede toegepas sal word. Gegewe Namibië se ryk natuurlike hulpbronne wat onder meer bedreig word, soos renosters en olifante, sien ons die wildbedryf as ’n fokuspunt vir direkte teenkorrupsiepogings,” sê sy.
“Korrupsie raak almal en dit behoort almal se verantwoordelikheid te wees,” het Madzara gesê.
“Elke persoon – jonk of oud – het 'n rol om te speel om korrupsie te bekamp en hok te slaan om veerkragtigheid en integriteit op alle vlakke van die samelewing te bevorder. Om korrupsie aan te pak moet beleide, stelsels en maatreëls in plek wees sodat mense ‘nee’ kan sê vir korrupsie,” sê sy.
Die direkteur-generaal van die ACC, mnr. Paulus Noa, het saamgestem en gesê die ACC loof die dapper Namibiërs wat sake by die kommissie en ander wetstoepassingsinstellings aangemeld het.
Hy sê sedert die ACC se ontstaan tot Maart vanjaar het die kommissie 694 sake by die kantoor van die aanklaer-generaal ingedien.
Besluite is in verband met 530 sake geneem en 76% van dié sake is reeds afgehandel, sê hy.
Noa sê dit neem tyd om korrupsiebeweringe te ondersoek, en die skade wat korrupsie aan die ekonomie en mense se lewensbestaan doen, is lang termyn.
“Korrupsie begunstig net ’n paar individue, maar kom die groter samelewing duur te staan. Dit ondermyn demokrasie en die oppergesag van die reg, lei tot die skending van menseregte en erodeer lewensgehalte,” sê hy.
“Laat ons sterk staan en Namibië 'n blink voorbeeld in die stryd teen korrupsie maak,” het Noa gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie