Almal se #081, sê MTC
Denver Kisting – Baie Namibiërs hou asem op oor of een van Afrika se grootste musiekname, Davido, douvoordag môre by Internasionale Lughawe Hosea Kutako gaan land.
Davido, ’n 25-jarige Nigeriese musiekreus bekend vir treffers soos “If” en “Follow” en onlangs “Assurance”, is geboek om môreaand die hooftrekpleister by ’n MTC-musiekfees in Windhoek te wees.
“Assurance” is glo gebore nadat hy sy lewensmaat met ’n peperduur spogmotor van sy liefde verseker het.
Davido het na wat verneem word nee gesê vir New York en eerder MTC se uitnodiging Windhoek toe aanvaar.
Die optrede in die Groot Appel sou ook môre plaasvind.
In ’n verklaring op sy Facebook-blad sê dié selfoonmaatskappy die #081every1Fest vier MTC se dekking van 100% van die Namibiese bevolking.
“Die 081Every1Fest sal een van die grootste vierings van musiek óóit in Namibië wees.”
Naas Davido is Runtown, Heavy-K Drumboss, Gazza467, Oteya, Sally Boss Madam en talle ander ook op môreaand se spyskaart by die Sam Nujoma-stadion in Katutura.
Die hekke open reeds 11:00 môre en Davido sal na verwagting 12 ure later die vertoning afsluit.
Kaartjies vir dié skouspel beloop N$25 vir gewone kaartjies en N$1000 vir VIP-kaartjies.
MTC het hom daartoe verbind om die veiligheid van feesgangers te verseker en polisielede en veiligheidspersoneel gaan op en rondom die stadion dié taak help opneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie