Almal soek ’n Wayde-selfie
Abby-Gene Bissolati
Wayde van Niekerk, Suid-Afrika se goue naelloper en vlagdraer van die nasionale span by die Olimpiese Spele se opening Vrydag in die Maracana-stadion in Rio de Janeiro, het vinnig ’n sensasie by internasionale sportlui geword.
Die tennisster Serena Williams, Nieu-Seeland se Sonny Bill Williams en verskeie ander Olimpiese atlete het foto’s saam met Van Niekerk op sosiale media gedeel.
Van Niekerk, wat vanjaar aan sy eerste Spele deelneem, het op Twitter laat weet dit was vir hom ’n grootse ervaring om die vlag te dra.
Die Kiwi-rugbyster Sonny Bill Williams het onder meer getwiet: “Het vandag die wêreldkampioen in die 400 m ontmoet – so ’n nederige ou. Sterkte, my Suid-Afrikaanse broer.”
Van Niekerk se spanmaats was ewe in hul noppies met hul wêreldkampioen.
“So opwindend om @WaydeDreamer met ons vlag te sien stap. Daar is iets spesiaals in die lug vanaand,” het die gouemedaljewenner Cameron van der Burgh getwiet.
Talle van die wêreld se topatlete deel sedert hul aankoms in Rio foto’s van die Olimpiese Spele op sosiale media.
“Dis ’n volmaakte dag in Rio in aanloop tot die openingseremonie,” het die voormalige Olimpiese gouemedaljewenner Ryk Neethling getwiet.
“’n Lewenslange droom word vanaand bewaarheid deur saam met die wêreld se beste atlete agter die landsvlag in die stadion in te stap,” het Gary Player getwiet.
Ook die Blitsbokke het talle foto’s van die openingsplegtigheid gedeel.
“Dis moeilik om te beskryf wat dit vir my beteken om op die vliegtuig te wees op pad na Rio,” het Kyle Brown, kaptein van die Blitsbokke, getwiet. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie