u2018Alomtjomu2019 kyk na vriendskappe smee in pandemietyd
u2018Alomtjomu2019 kyk na vriendskappe smee in pandemietyd

‘Alomtjom’ kyk na vriendskappe smee in pandemietyd

Yandi Du Plessis
In die kykNET-fliek Alomtjom skep ’n man dié gelyknamige app, want hy reken hy kan met enigiemand tjommies wees.

Maar Andries (vertolk deur Luan Jacobs) se pogings om vriendskappe te smee, word deur die Covid-19-pandemie, gesonde afstande, sosiale media en internetverslawing belemmer.

“Ek dink die inperking het ons ’n voorsmakie gegee van hoe dit sou wees as jy alles verloor waaraan jy gewoond was,” sê Jacobs.

“Jy weet mos nie wat jy gehad het voordat jy dit verloor nie.”

Die fliek dui op hoe mense se sosiale gedrag geweldig baie verander het.

Die meeste mense is te bang of lui om vriendskappe te smee.

Jacobs, wat klasgee aan die dramaskool Pali (Performing Arts Lifestyle) in Pretoria, meen mense herstel steeds van vlak 5 van die staat van inperking.

“Toe word die woorde ‘ons moet kuier’ werklik waar, want skielik kon ons nie meer nie. En nou is mense honger daarvoor. In ’n mate kom dié uitdrukking nou tot sy reg. Mense is oor die Zoom-parties en -calls. Die inperking het aanvanklik met groot eensaamheid gepaardgegaan.”

Jacobs beskou homself as ’n introvert, maar dit hang af in watter geselskap hy hom bevind.

Daarom het hy hom met sekere aspekte van Andries vereenselwig.

“Die eerste week van die inperking was vir my hemels, maar daarna het ek honger geraak. Mense wil weer met mekaar gesels. Dis ’n gawe om na mense te luister.

Ek het vir Freddy (Louw, die regisseur) gesê as dit ’n Engelse fliek was, moes ons dit People Pleaser genoem het, want dis nog ’n ding in mense se gedrag wat kop uitsteek.

“Ek dink ons het groot pret gehad om hierdie outjie te verfilm.”

• Die fliek, wat binne net ’n week verfilm is, se draaiboek kom uit die pen van Beer en Jaco Adriaanse.

Ander spelers sluit in Lindie Jordaan en Louis Minnaar.

• Alomtjom word Vrydag om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer