Als wat jy van Apple se nuwe iOS moet weet
Als wat jy van Apple se nuwe iOS moet weet

Als wat jy van Apple se nuwe iOS moet weet

Trek jou iPhone en iPad nader, want 'n nuwe weergawe van Apple se bedryfstelsel, iOS, is beskikbaar.

iOS 11.4 stel uiteindelik heelparty nuwe funksies bekend waarna Apple-­gebruikers al geruime tyd smag, insluitende om jou boodskappe naatloos oor al jou toestelle heen te sinkroniseer.

Met iOS 11.4 word jou boodskappe in Messages nou outomaties na jou iCloud-rekening gelaai. Sodra jy 'n boodskap op een toestel uitvee, verdwyn dit dadelik op al jou gekonnekteerde toestelle.

Dié funksie stoor ook gewone SMS'e in die wolk sodat dit op enige toestel beskikbaar is.

Foto's en ander aanhangsels word ook outomaties na die wolk oorgedra sodat jy dit van jou toestel kan wis om plek te spaar.

Dié funksie is ideaal sou jy 'n nuwe Apple-toestel aanskaf. Sodra jy met jou Apple ID inteken, sal al jou boodskappe dadelik verskyn, in plaas van net nuwe boodskappe soos tot onlangs toe die geval was.

Hoe aktiveer ek dié funksie?

Sodra jy jou foon opgedateer het met die jongste weergawe van iOS (deur te gaan na Settings > General > Software Update), kan jy die nuwe ­Messages na iCloud ook aktiveer.

Gaan na Settings > jou Apple ID-blad > iCloud en maak seker Messages­ is aangeskakel.

As bykomende sekuriteit moet gebruikers wat van dié funksie gebruik maak tweeledige sekuriteit op hul iCloud-rekening aktiveer. Indien jy nog nie dié bykomende sekuriteit aangeskakel het nie, sal iCloud jou stap-vir-stap deur die proses neem sodra jy weer aanmeld.

Wat is nog nuut in iOS 11.4?

Die jongste weergawe van iOS kom met nuwe funksies vir AirPlay 2 waarmee jy onder meer enige gekonnekteerde luidspreker of slimtelevisie met jou Apple-toestel kan beheer. Dis 'n verbetering op die bestaande AirPlay wat reeds geruime tyd op Apple-toestelle geïnstalleer is.

Vroeër is berig van 'n gogga wat veroorsaak dat 'n spesifieke WhatsApp-boodskap jou foon laat vries. Dié fout is ook reggestel.

Apple se iOS 12 word na verwagting in September uitgereik en sal glo 'n beduidende verbetering op iOS 11 wees.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!