Altersheim hou weer glansgeleentheid
Die Altersheim op Otjiwarongo hou op 31 Julie sy jaarlikse geldinsameling-geleentheid by die C’est Si Bon Hotel op die dorp.
Volgens me. Vicky Hue van die Altersheim is die bekende Suid-Afrikaanse operasanger Jannie Moolman (foto) vanjaar die genooide gas.
Verlede jaar was die ewe bekende Suid-Afrikaanse pianis Rocco de Villiers die ouetehuis se gaskunstenaar, en die geleentheid het baie suksesvol verloop.
Hue het die hoop uitgespreek dit sal vanjaar ewe goed verloop.
“Sonder die ondersteuning van al ons borge sal die fees egter nie ’n sukses wees nie en is ons dus baie dankbaar teenoor hulle almal,” het Hue gesê.
Kaartjies kos N$500. Navrae en besprekings kan by 067 308 500 of [email protected] gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie