Altesaam 140 seekoeikarkasse al uit Kavango verwyder
Francoise Steynberg - Altesaam 140 seekoei- en agt buffelkarkasse is reeds in die Kavangorivier verwyder nadat miltsiekte in die Bwabwata Nasionale Park uitgebreek het.
Dit is vandag deur die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, bevestig.
"Ons het toestemming van die Namibiese weermag (NDF) gekry om hulp te verleen en ons werk nog aan die logistiek verbonde," het Muyunda gesê.
Hy het gesê die hoofrivierkanaal, wat die hoofrisikogebied vir mense en vee is, is skoongemaak.
"Die uitdaging is nou die Mahango-park waar toeganklikheid 'n kwessie is. Daarom het ons die NDF om hulp genader. Ons is seker dat sodra die NDF hul dienste beskikbaar gemaak het, sal ons daartoe in staat wees om alle karkasse te verwyder," sê die woordvoerder
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het verlede week tydens die amptelike opening van die Khaudum Nasionale Park se twee nuwe parkstasies, Khaudum en Sikeretti, in die Kavango-Oosstreek bevestig dat geen gevalle van miltsiekte onder mense en vee dusver gekry is nie.
Shifeta was verlede week op besoek aan die geraakte gebied en het lugwaarnemings uit 'n helikopter van die Namibiese polisie se lugvleuel waargeneem.
"Amptenare van die ministeries van die omgewing en toerisme; landbou, water en bosbou; gesondheid en maatskaplike hulpbronne; en vissery en mariene hulpbronne het so hard gewerk en ons kon daarin slaag om die siekte in bedwang te hou. Die karkasse is verwyder en verbrand," het die minister gesê.
Hy het gesê die mortaliteitsyfer van die seekoeie het ook gedaal.
Amptenare wat karkasse verwyder het, het aan Republikein vertel dit was baie harde werk om die karkasse te verwyder.
"Dit was 'n aaklige gesig om te aanskou, veral die dooie seekoeikalfies, en die stank wat in die lug hang. is ondraaglik."
Volgens Muyunda het gemeenskappe en inwoners van die Mukwe-kiesafdeling reeds voorkomende behandeling teen miltsiekte ontvang siekte.
Dr. Milton Maseke, die hoofveeartsbeampte van die direktoraat van veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en bosbou , het vandag bevestig dat inentingsveldtog van vee in die geraakte gebiede voltooi is.
Mnr. Renier Burger, adjunkdirekteur van binnelandse visserye, het ook vandag bevestig dat geen visse in die rivier dusver geaffekteer is nie. Intussen is die uitslae van die watertoetse van die minister van landbou, water en bosbou nog nie bekend nie.
Miltsiekte word deur die bakterie Bacillus anthracis veroorsaak en is hoogs aansteeklik vir mense en diere.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie