Altron hou nou lisensie vir Microsoft in SA
Altron hou nou lisensie vir Microsoft in SA

Altron hou nou lisensie vir Microsoft in SA

Carin Smith – Microsoft het die genoteerde tegnologiefirma Altron as ’n gelisensieerde oplossingsverskaffer (LSP) in Suid-Afrika aangewys.

Die ooreenkoms kom terwyl Altron sy filiaal Altron Karabina posisioneer as die aangewese vennoot vir “alles Microsoft”, sê Mteto Nyati, uitvoerende hoof van die groep, in ’n verklaring.

Altron het Karabina onlangs aangeskaf.

EOH, ook ’n genoteerde IT-firma, het in Maart bekend gemaak hy herverkoop nie meer programmatuurlisensies vir Microsoft nie.

Microsoft het in Februarie bekend gemaak hy gaan sy kontrak met die EOH-filiaal EOH Mthombo beëindig. Dié filiaal was ’n Microsoft Channel Partner, wat hom magtig om sekere Microsoft-produkte en -dienste te verkoop.

EOH het destyds gesê Microsoft het nie redes vir die beëindiging van die kontrak verskaf nie.

Grant van der Wal, Altron Karabina se besturende direkteur, sê die aanwysing as LSP lui ’n opwindende tyd vir Altron Karabina in.

“Dit stel ons in staat om ons programmatuur-diensafdeling bekend te stel wat ons Microsoft-bevoegdhede aanvul met verwysing na data en ontleedkunde, kunsmatige intelligensie, verhoudingsbestuur, bestuur van sakeprosesse, moderne werkplekke, Azure en DevOps.”

Die programmatuur-diensafdeling word bekend gestel ten tyde van ’n groot skuif na wolkgegronde dienste, soos gesien met die onlangse opening van die Microsoft-datasentrums, volgens Altron.

Altron is deur sy Britse filiaal, Bytes UK, ook in dié land Microsoft se grootste LSP-vennoot. Dit is ’n posisie wat die tegnologiefirma graag na Suid-Afrika wil uitbrei.

Altron Karabina werk nou met Bytes saam om hul sukses plaaslik te dupliseer. – Fin24/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!