Altyd lekker by die see
Estelle de Bruyn - Ek het 'n plekkie by die see wat ek verwaarloos en afskeep, want hoe ouer ek word, hoe banger is ek vir die pad en die ryery van Windhoek af see toe.
Met ander woorde, ek kom selde hier. Was in September 2016 laas hier en vanaand het ek weer die voorreg om in my seehuis se bed met sy harde matras te slaap, die vensters oop te maak en die see te hoor soos die branders hulle harte breek op ons ongelooflike Namibiese strande.
Dis moeilik. Die statistiek oor padongelukke boesem vrees in my hart in, elke keer wat ek 'n koerant oopmaak.
Ek is nie meer jonk nie en glo, anders as toe ek jonk was, dat ek werklik eintlik weerloos is en nie onaantasbaar met ewigdurende "perseverance" geseën is nie. Ons is menslik, feilbaar, weerloos en uitgelewer. Dit is die realiteit. Ons is nie onsterflik nie, is geen plek in die ouetehuis met 'n warm kombersie oor die knieë gewaarborg nie. Enige jaar, enige maand, enige dag, enige uur, enige minuut, enige sekonde, enige nanosekonde kan daardie goue draadjie geknip word.
Daar is soveel goed wat ek nog moet doen. My testament, die is so half verouderd. Dink ek laat nog geld uit my polisse aan my ma na, maar my ma is lankal dood en daardie polisse het ook al lankal uitbetaal . . . so nié so mooi in orde nie.
Maar vanaand op Langstrand is daar 'n ongelooflike vrede wat soos 'n sagte kombers om my vou, wat my vashou in 'n aand wat nie te warm en nie te koud is nie, wat soel soos sagte branders op 'n warm dag oor jou spoel, as jy in die vlak water gaan lê en jouself oorgee aan die bekoring van die elemente, die natuur, die see, die sand, die son en 'n asuurblou uitspansel wat bo jou wink.
Vanaand is alles moontlik.
Drome van reise na onverkende strande op ander kontinente, die Filippyne, Sri Lanka, Bali. Drome na vergeleë plekke waarvan jy nog net in geskiedenisboeke en nuusberigte op die internasionale en Afrika-bladsye in Republikein gelees het of op CNN of Sky of Al Jazeera al gesien het.
Wil nog so graag voordat ek die tydelike met die ewige verwissel Palmera in Sirië sien, en die Vallei van die konings in Egipte en Ramses II se standbeeld en Tutankamum se sarkofaag in die Egiptiese museum in Kaïro en Yellow Stone Park in Amerika en die Kremlin en St. Petersburg in Rusland en Japan! My dogter sê hulle oorweeg nie eens Japan nie (te duur), maar ai, ek wil so graag 'n egte teeseremonie beleef, 'n stempel van Ysland in my paspoort hê, antieke plekke in Ethiopië, die nalatenskap van die Inkas en Mayas in Suid-Amerika, Frida Kahlo se museum in Mexiko sien. En saam met dolfyne duik.
Om daar te kom, is nie maklik nie.
Om daar te wees, is ongelooflik.
Moet ons ons vrees vir internasionale terrorisme in ons pad laat staan om dit te besoek? Nooit nie.
Maar soos ek telkens sê: Die aankoms in jou eie land, tuis van jou wedervaringe, bly die beste en bevredigendste ervaring ooit.
Daardie gevoel van “ek is tuis!”
En vanaand op Landstrand is ek tuis, in my eie land, en ek gaan nooit weer dat die vreees vir die lang gevaarlike pad my weghou van hierdie vrede nie.
Onvergeetlik!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie