Altyd ons beste, beloof De Bruyn

Namibië se visier is vir seker vandag op 'n sege teen Skotland ingestel.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die kalm en berekende, dog meedoënlose benadering wat die Namibiese krieketspan tot op sy historiese hoogtepunt van kwalifisering vir die T20 Wêreldbeker se Super-12-fase gebring het, sal ook vandag (vanaf 16:00, regstreeks op SuperSport) in Abu Dhabi vir die belangrike stryd teen die gekweste Skotte die deurslag moet gee.

Pierre de Bruyn, hoofafrigter van die Eagles, het gister in 'n onderhoud met Republikein se oggendgeselsprogram Kletskompas gesê: “Op die oomblik is die gees in die Eagles-kamp ongelooflik. Dis iets wat ons nog nie tevore beleef het nie. Die goeie gees kom met die prys wat iets baie spesiaals is.”

Die Eagles se prys vir hul oorwinnings teen Nederland en Ierland was natuurlik dat hulle vir die Super 12-fase gekwalifiseer het, asook regstreeks tot die 2022 T20 Wêreldbeker in Australië deurgedring het.

“Hoewel die spelers se opgewondenheid hoogty vier, bly hulle 'n nederige span. Ons weet ons is in 'n ongelooflike sterk groep geplaas. Nou speel ons teen die groot lande soos Indië, Pakistan, Nieu-Seeland en Afghanistan.

“Ons hooffokus as 'n span sal glad nie op die uitslae teen hierdie vier lande wees nie. Ons sal by die resep bly wat ons tot dusver hier suksesvol gemaak het.

“Die Eagles moet sorg dat hulle in elke liewe wedstryd hul veggees aan die krieketwêreld wys. Maak nie saak teen wie ons speel nie, die Eagles sal hul beste gee. Ek wil nie 'n situasie hê waar mense dink ons het teen sterk teenstand sommer maklik ineengestort nie.

“Dis hoekom ek van die uitslag gaan wegbly en by die sisteem bly wat tot dusver vir ons gewerk het. Teen hierdie reuse sal ons armdruk tot ons nie meer kan nie. Dit kan dalk in kort of langer periodes wees, maar ons sal nie terugstaan nie.

“Dit mag dalk teen Virat Kohli of die beste draaibalboulers in die wêreld wees, maar ons gaan elke oomblik armdruk. Ons wil in elke wedstryd vir die volle 40 boulbeurte krieket speel.

“Ons wil nie soos Skotland vou wat Maandagaand teen Afghanistan in net 10.2 boulbeurte uitgeboul is nie (vir 60 lopies). Ons wil so 'n vertoning teen alle koste vermy. Die Eagles het die afgelope ruk 'n reputasie opgebou en ons sal dit beskerm.

“Hier in die Emirate is nie hordes Namibiese toeskouers nie, maar ons het 'n lekker groep hier gehad wat ons aangespoor het. Teen Afghanistan, Indië en Pakistan kan ons verwag dat die stadions vol sal wees met hul ondersteuners wat teen ons sal skree.

“En wat 'n ondervinding gaan dit nie vir die spelers wees nie. Dit sal die eerste keer ooit wees wat Namibië in die Dubai-stadion teen Indië voor hul ondersteuners gaan opstap.”



ONS INSPIRASIE

“Toe ons Vrydag vir Ierland gewen het, was daar soveel faktore wat 'n rol gespeel het. Die eerste een vir my is inspirasie en hoe ons die publiek, jong kinders, meisies en vroue geïnspireer het om in die toekoms deel van Krieket Namibië te wees.

“Dis regtig vir my die eerste prys en ons het dit reggekry. Ons praat nou al die afgelope drie jaar daaroor en dat die span sy waardes uitleef en hierdie keer het ons dit behaal.

“Die Eagles se sukses hier sal 'n finansiële inpak hê wat in die toekoms 'n verskil kan maak. Maar daai finansiële beloning sal in die regte kanale bestuur moet word om in ons vennote belê te word.

“Ons belangrikste vennote is ons spelers. 'n Goeie fondament moet gelê word vir die spelers wat op die veld die werk moet doen, asook die ondersteuningsnetwerk om die spelers.

“Daar is dokters, fisio­terapeute en ander aspekte wat in plek geplaas behoort te word om te verseker dat deeglik na ons spelers gekyk word.

“Die mooi storie in die krieketwêreld is natuurlik wat ons met slegs 2.5 miljoen mense in Namibië behaal het. Oor 'n paar dae speel ons teen 'n land met 1.2 miljard inwoners en wat 'n fantasiese storie is dit nie wat vir ewig saam ons gaan bly nie.

“Die ondersteuning wat ons uit Namibië kry, is die brandstof wat die Eagles aan die gang hou. Ons lewe nou al 32 dae hier in 'n borrel en die ondersteunende boodskappe is al wat ons aanspoor.

“Ek moet dit vir Namibië sê: ons is bitter dankbaar daarvoor. Ons sal vir altesaam 48 dae in hierdie borrel wees. Dis nie maklik nie. Elke boodskap is van kardinale belang vir ons. Maak nie saak van waar die persoon is nie.

“Of dit nou van 'n familielid, vriend of ondersteuner kom, maak nie saak nie. Ons is bitter dankbaar daarvoor.”

[email protected]

FOTO’s
Die Eagles hoop dat hul styl van aanvallende krieket vandag opnuut die deurslag sal gee. Foto ICC / Getty Images
Pierre de Bruyn, afrigter van Namibië, in die oomblikke ná die triomf teen Ierland laas Vrydag. Foto ICC / Getty Images
Zane Green het in die opwarmwedstryd teen Skotland 34 van 26 balle behaal, met vyf grenshoue. Foto Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93%