Altyd vooruit
KOOS SWARTS SKRYF:
Na baie jare in Okahandja dink ek meer as een persoon voel “moeg opgetel”!
As jy iemand vriendelik vra om op te tel wat hy neergooi, antwoord hy: “As jy wil optel, tel dit op!” Vir ander is dit werkverskaffing vir die munisipaliteit.
Morsjorse gooi dit sommer langs die drom neer. Vir ander is dit lekker om die dromme te brand of om daarop te grafeer. Nog 'n lelike gebruik is om huisvullis op die tuinvullishope te stort.
Dit wat in en langs die riviere gestort word, gaan outomaties Swakoppoortdam toe. Baie mense, inwoners van Okahandja en van ander dorpe, veral Windhoekers, wat in die rivier piekniek hou, gooi ook net neer.
Sebron, wat langs die rivier bly, tel vrywilliglik op. Die munisipaliteit maak die dromme gereeld leeg. Iemand wat omgee vir die dorp gee vir Sebron 'n honorarium per maand. Hy het weer by die munisipaliteit aansoek gedoen vir 'n tender. Ons vertrou dat onder 'n nuwe raad dit hierdie keer sal slaag.
Besef die mensdom nie dat ons besig is om ons eie kele af te sny nie. Daar is al verskeie pogings aangewend, maar kontinuïteit ontbreek.
Ons het in 2019 'n komitee saamgestel. Aranos, wat reeds aan die gang is met “Trots Aranos” as tema, was genooi om hulle missie te deel.
Ons wil so graag die skole betrek, want die kinders moet hierdie sirkel breek.
Met ons eie “memorandum van onderhandeling” het ons na die munisipaliteit gegaan, maar dit het by ons vorige CEO vasgehaak en nooit by die raad uitgekom nie. So ons vertrou dat nuwe besems sal skoon vee.
As jy sien hoe bourommel eenvoudig net gestort word, hetsy in die dorp of rivier, dan wonder jy of party mense regtig omgee dat ons dorp, die "Tuindorp”, 'n puindorp genoem word.
Die jaarlikse byvoegsel in die Republikein vertoon net die mooi van Okahandja en daar is soveel potensiaal. Jammer.
Laat ons hande vat. Ek dink persoonlik die eerste en beste oplossing is dat elke inwoner sy eie tuinrommel moet verwyder. Dit verhoed dat mense huisrommel strooi.
Tweedens dink ek moet ons maak soos Rwanda waar besighede sluit en die hele land moet opruim. Ek weet nie hoe 'n mens die noodsaaklikheid daarvan onder die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, agbare mnr. Pohamba Shifeta, se aandag kan bring nie.
Ons doen ook 'n vriendelike beroep op organisasies om nie hulle pamflette op die dromme te plak nie. Met die verkiesing het een kandidaat dit met 'n soort gom geplak wat 'n mens nie afkry nie.
Ek verstaan in Windhoek help die gemeenskap met die opvul van slaggate. Hoe lyk dit, Okahandja?
Semper Prorsum. Ever forward.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie