Altyd voorwaarts, was sy leuse
Eer is gister uit verskeie oorde betoon aan een van Namibië se bekende en geliefde politici wat soos baie sy tande in Swapo geslyp het voor hy uit die regerende party gestap het.
Kenya Kambowe op Rundu – Die president van die All People’s Party (APP), mnr. Ignatius Shixwameni (55), het gister tydens ‘n vergadering van die parlementêre komitee oor buitelandse sake ineengestort en kort daarna gesterf.
Hy het Dinsdagaand nog aan die party se sekretaris-generaal, mnr. Vincent Kanyetu, gesê: “Hou aan vooruit beweeg.”
‘n Geskokte Kanyetu het gister uit Gaborone, waar hy ‘n konferensie bywoon, aan Namibian Sun gesê hy is sprakeloos. “Ons het nog [Dinsdag] ingestem dat hy ‘n kort video-opname sou maak wat ek aan die mense hier kon wys.
“Hy het nie gister van enige pyn gekla, soos hy die meeste van die tyd gedoen het nie,” het Kanyetu gesê.
“Hy het minstens tien minute laat opgedaag,” het ‘n bron by die Nasionale Vergadering (NV) gister vertel. Hy het na ‘n paar minute gesê: ‘Ek voel nie te goed nie; ek gaan buite toe.’”
Shixwameni het buite die vergadersaal ineengestort.
Gister se sitting van die NV is uit eerbied aan die oorlede politikus verdaag.
Die Popular Democratic Movement (PDM) het eer aan Shixwameni betoon terwyl die jong Swapo-agterbanker, mnr. Toby Aupindi, op Twitter geskryf het dit was ‘n plesier om saam met die senior politikus te werk.
Me. Utaara Mootu van die Landless People’s Movement (LPM) het Shixwameni se heengaan as ‘n tragedie vir land bestempel.
“Hy het ‘n sleutelrol gespeel om ons mense te bevry; ‘n jong, militante reus in ons stryd. Ek was geëerd om hom te ken en van sy wysheid gebruik te maak,” het sy op Twitter geskryf.
Shixwameni was kort voor onafhanklikheid die hoofsekretaris van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) en was vanaf 1987 tot 1999 ‘n leier in Swapo se Jeugliga.
Hy is in 1999 tot die NV verkies, maar het in 2000 by wegbrekers in die Congress of Democrats (CoD) aangesluit. Met die verbrokkeling van die party het Shixwameni die APP gestig, wat veral ondersteuning in die Kavango-streke geniet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie